
Te midde van hoogs onbetroubare dienslewering, word ESKOM toegelaat om hul tariewe te verhoog met 18.65% vanaf 1 April 2023 en 'n verdere 12.74% vanaf volgende jaar! “Dit is hoogs onbekostigbaar en kom neer op daglig roof,” sê Kempen Nel, besproeiingsboer en voorsitter van Vrystaat Landbou (VL) se Komitee vir Kommersiële Sake.
Munisipaliteite wat ESKOM miljarde skuld (R56bil – waarvan die grootste deel uit die Vrystaat kom!) bly die grootste skuldiges, maar word ook toegelaat om hul herverkoopkoste op ESKOM-krag met dieselfde % te verhoog. Dit is 'n verdere doodskoot vir reeds sukkelende inwoners in landelike gebiede. VL deur Agri SA, as vriend van die hof, is teen SALGA se hofaansoek dat munisipaliteite die herverkoopdiensverskaffers moet word in landelike gebiede waar ESKOM reeds krag direk aan boere verkoop.
VL het in sy voorleggings aan NERSA lank reeds gewaarsku dat die drempel vir oorskakeling na alternatiewe energiebronne vir landelike huishoudings en nie-energie-intensiewe plase bereik is. Verder is 'n massiewe bedrag deur boere bestee aan ondersteunings energie-oplossings waar energie nie vir lang tye afgeskakel kan word nie, soos veiligheidstoestelle of melktenks, pakhuis koelkamers en verwerkte vleis vrieskaste, ens. wat moet afkoel sodat kos deur die hele voedselwaardeketting vir die verbruiker vars en gesond gehou kan word. Boere bly prysnemers en die stygings in onbeplande gedwonge uitgawes verhoed beleggings in nuwe tegnologie en toerusting om boerdery meer doeltreffend en volhoubaar te maak, asook kos meer bekostigbaar.
ESKOM se verspreidingsnetwerkkoste het nie noemenswaardig gestyg nie, maar die verhoging is ook toegelaat op die vastekostekomponent van 'n ESKOM-rekening, waaroor VL ook al lank kla. Die vaste koste vir 'n gewone plaashuisopstal se lynfooi is reeds duurder as die paaiemente vir 'n 5kVA alternatiewe energie-oplossing. ESKOM verloor dus net meer goeie en betalende kliënte en gaan verder in die sogenaamde “afwaartse nutsspiraal”.
Toenemende ESKOM-onbetroubaarheid raak veral besproeiingsboerdery tydens 'n kritieke maksimum groeiperiode wanneer besproeiing snags gedoen moet word – sonkrag kan bedags gebruik word, maar die batterye om alternatiewe energiebronne te stoor, of ESKOM se eie krag, vir wanneer dit nodig is, bly onekonomies onbekostigbaar. “Boonop die belaglike kosteverhoging vir krag, is die onbetroubaarheid van kragvoorsiening nog 'n groot rooi vlag vir voedselsekerheid,” het Nel gesê.
8Plasings
4Plasings
11Plasings
9Plasings
68Plasings
31Plasings
16Plasings
18Plasings
11Plasings
1Plasings
171Plasings
13Plasings
12Plasings