Vrystaat Landbou
  • 4 Nobel St,Brandwag,
    Bloemfontein, 9300 -29.105625 | 26.192719

  • 051 444 4609,
    info@vslandbou.co.za

  • Home
  • What We Do
  • Media
    • Media releases
      • 2021
      • 2020
      • 2019
    • Video’s
    • Newsletters
    • Agri SA media
    • Gallery
  • More about us
    • More About The Organization
    • Annual Congress
    • Management Structure
    • Wall of rememberance
  • Contact Us
    • Regional Map
    • Executive BoardDagbestuur
    • Regional representatives
    • Safety representatives
    • Staff
  • Campaigns
  • Members Area
    • Membership
    • Sign In / Sign Out
  • Covid-19
  • Translate
    • Afrikaans
    • English
  • Search
  • Menu Menu

Brande: 339 plase geraak

Vrystaat Landbou (VL) het gister, 27 Oktober 2020, besoek afgelê in die brand geteisterde gebied van die Wes-Vrystaat. Behoefte bepalings word plaaslik uitgevoer en behoort binne enkele dae afgehandel te wees. VL koördineer die groot getal skenkings na die boere in die geaffekteerde gebiede.

“Manne, die Here was baie goed vir ons. Ons het baie om voor dankbaar te wees. Niemand is dood nie.” Dit is die woorde waarmee ’n vergadering gister, 27 Oktober 2020, in Boshof begin het.

Tommie Esterhuyse, vise-president van Vrystaat Landbou (VL), sê dat die organisasie ‘n vergadering met die landbouvereniging-voorsitters van die brand geteisterde Wes-Vrystaat belê het om ‘n behoefte bepaling te doen.

Volgens Boeta de Waal, voorsitter van Boshof Agri, dui die inligting tot dusver versamel dat 339 plase oor ‘n area van ongeveer 100 000ha deur die brande geraak is. Die finale oppervlak behoort teen die einde van die week bekend te wees.

De Waal sê dat die landbougemeenskappe van Hertzogville, Boshof en Dealesville baie goed saamwerk om landbouers by te staan. Depotpunte vir voerskenkings is dadelik langs die N12 en by verskeie punte in die verskillende dorpe geïdentifiseer en koördineerders werk reeds sedert 20 Oktober onverpoos om die skenkings te ontvang. Volgens Susna Botha, koördineerder van Boshof Agri, het verskeie boervroue en vrywilligers ook dadelik ingespring om te verseker dat die vragmotorbestuurders wat skenkings aflaai elkeen iets te ete kry.

Esterhuyse sê hy is beïndruk deur die gemeenskap se organisasie- en koördineringsvermoë en was verbaas oor die kalmte waarmee die gemeenskap die situasie hanteer. “Ek glo dit is die publiek se ondersteuning wat hulle dra.”

Intussen stroom skenkings deur die publiek steeds in. Die gemeenskappe van Hertzogville en Boshof word oorval deur skenkings van kruideniersware, veevoer, water en vars groente

Gys Olivier, voorsitter van Agri Hertzogville, sê dat die plaaswerkers ‘n onmisbare rol gespeel het in die bestryding van die brande. “Hulle het nie geskroom om te help nie. Ons hele landbouwaardeketting, boere en werkers, het saamgestaan teen die brande en ons is baie dank aan ons werkers verskuldig.”

VL bedank weereens die publiek vir hul ruim bydraes en het weer tydens die vergadering die versekering gebied dat die fondse direk aan die geaffekteerde gebiede allokeer sal word. Op versoek van die landbouverenigings, sal bydraes tot VL se rampfonds onder meer aangewend word om mediese kostes van beseerdes te verlig, diesel vir vervoer van voer, kragvoer aankope en herstel van infrastruktuur (soos omheiningsmateriaal) en watervoorsiening (tenks, pype, laste ens).

Mense wat graag skenkings wil maak, kan vir VL die woord SKENK SMS na 37846. (R1/sms. (Ts & Vs geld)

Media navrae:
Tommie Esterhuyse
Vise-president: Vrystaat Landbou
082 782 0668

Jack Armour
Bedryfsbestuurder: Vrystaat Landbou
071 672 0271 / jack@vslandbou.co.za

Recent News

  • Corrupt evictions of farmers and incompetent stateKorrupte uitsettings van boere en onbekwame staat
  • FSA Young Farmer of the Year winner a true gentlemanVL Jongboer van die Jaar wenner ‘n ware ‘gentleman’
  • FSA calls for more police task forces in Free StateVL vra meer polisie taakspanne in Vrystaat
  • FSA Young Farmer finalists believe in future of agriculture in SAVL Jongboer finaliste glo in toekoms van landbou in SA
  • AG report confirms FS problems in Police, Roads & Transport DepartmentOuditeur-generaal verslag bevestig VS probleme in polisie, paaie en vervoer departement

Categories

  • Campaigns (1)
  • Economic Reports – 2019 (4)
  • Media Releases – 2020 (11)
  • Media Releases – 2019 (9)
  • Media Releases 2021 (23)
  • News (30)
  • Newsletters (1)

Our Sponsors

Quick Links

Privacy Policy

Become involved as

Member / sponsor / service provider

© Copyright – Vrystaat Landbou | Website Designed by OOWEBOO WEB ENGINEERS

Scroll to top