News

Membership

Free State Agriculture (FSA) is every member who chooses to become involved in his local agricultural community by joining an active agricultural association.

Fire disaster fund

Help our farmers back on their feet

Ergste brand in jare verwoes bykans 100 00ha, sê VL

share this post

In een van die ergste brande nog dié seisoen en die afgelope paar jaar, is sowat 100 000 ha in die Boshof/Dealesville/Hertzogville area verwoes. Honderde stuks vee, wild en selfs huise is in die brande totaal en al verwoes.

Volgens dr Jack Armour, Operasionele bestuurder van Vrystaat Landbou (VL), is van die brande deur betogers gestig wat blykbaar oor swak dienslewering betoog het. Die erge hitte en sterk wind wat die naweek in die Vrystaat geheers het, het die situasie ook verder bemoeilik.

“Beeste het in sommige situasies sewe plase ver gehardloop om van die vuur te ontsnap.”, sê Armour. “Alhoewel daar geen lewensverlies was nie, is ons bewus van boere wat ernstige brandwonde opgedoen het en ons wens hulle ‘n spoedige en vinnige herstel toe.”

Vrystaat Landbou is reeds besig om met behulp van ons grondvlakstrukture ’n opname te maak van die skade, maar op hierdie stadium blyk dit dat veral voerskenkings ’n ernstige behoefte is.

Armour het bevestig dat die brande tans onder beheer is, maar veral die Wes-Vrystaat bly steeds ’n risiko weens die hittegolf wat heers.

“Vrystaat Landbou verwelkom dat die SAPD reeds ‘n saak van brandstigting ondersoek en beskuldigdes reeds gearresteer is. Ons kan nie toelaat dat boere en plaaswerkers se lewens verder op risiko geplaas word in die huidige omstandighede as gevolg van kriminele aktiwiteite, soos brandstigting, nie.”, sê Armour

VL het bevestig dat hulle R100 000 uit hul Rampfonds beskikbaar gaan stel vir brandstof van vervoerskenkings. Dit sal deur die VL-kantoor geadministreer word en allokering van skenkings sal deur die plaaslike landbouverenigings aan geaffekteerde boere gekoördineer word.

VL doen ’n beroep op enige instansie of individu wat betrokke wil raak, om Elize Spence by VL- kantoor te kontak by elize@vslandbou.co.za of 051 444 4609. Finansiële bydraes kan gemaak word
aan VL se rampfonds by: Vrystaat Landbou ABSA
Rekeningnr: 470940670
Takkode: 632005
Verwysing: RAMP+ selnommer

Media navrae: Francois Wilken, VL president 083 390 1831 of Jack Armour, VL Operasionele bestuurder, 071 672 0271 / jack@vslandbou.co.za