Expropriation Bill remains the main threat to property rights

Free State Agriculture (FSA) remains weary of the Expropriation Bill as the main policy to drive the expropriation without compensation ideology. This was the reaction of Free State Agriculture after recent reports that the EFF and ANC could not agree on the amendment of Section 25 of the Bill of Rights in the Constitution.

According to FSA President, Francois Wilken, civil society should not see this development as the end of the threat to property rights in South Africa. “The Expropriation Bill remains the biggest threat and is currently in the process of becoming law. Should this Bill be promulgated, all assets could be targeted for expropriation by the state”.

Wilken said that the absence of a credible Land Audit gives politicians free reign to keep abusing the land issue. “Last week at a Centre for Development and Enterprise (CDE) engagement, former Minister of Finance and chairman of the National Development Plan committee, Trevor Manuel, referred to a Bureau for Economic Research (BER) evidence-based study evaluating the NDP stating that we have actually achieved 67% of the 2030 land reform objective set in the NDP and are well on track to achieving what was planned for”.  These facts sadly get ignored in the pursuit of ideological goals, which is causing significant uncertainty in the agriculture sector.

“Due to COVID, the Free State leg of the Expropriation Bill public hearings have been postponed twice now. The portfolio committee from Public Works handling the hearings have uttered that the last remaining provinces, namely the Free State and Northern Cape, be excluded due to an overwhelming support of the Bill in its current form.” says Wilken. “Although Free State Agriculture has already made a written submission, supported by 80 000 supporters, and addressed the committee at a national level rejecting the Bill, we will insist on the provincial hearings to put our case across where our members can express their personal fears and concerns of allowing a gap in our legislation for expropriation (of anyone’s property!) without compensation.”

Anyone who still wants to oppose the Expropriation Bill can record their input on Free State Agriculture’s website (https://vrystaatlandbou.co.za/stop-expropriation/ ). These inputs will be handed over to the parliamentary panel holding the provincial public hearings.

Onteieningswetsontwerp bly die grootste bedreiging vir eiendomsreg

Vrystaat Landbou (VL) bly waaksaam oor die onteieningswetsontwerp as die belangrikste beleid om die onteiening sonder vergoeding ideologie te dryf. Dit was die reaksie van Vrystaat Landbou na onlangse berigte dat die EFF en ANC nie kon saamstem oor die wysiging van artikel 25 van die Handves van Regte in die Grondwet nie.

Volgens Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou, moet die burgerlike samelewing hierdie ontwikkeling nie as die einde van die bedreiging van eiendomsreg in Suid-Afrika beskou nie. “Die onteieningswetsontwerp bly die grootste bedreiging en is tans besig om wet te word. As hierdie wetsontwerp afgekondig word, kan alle bates deur die staat onteien word.”

Wilken het verder gesê dat die afwesigheid van ‘n betroubare grondoudit aan politici vrye teuels bied om die grondkwessie te misbruik. “Trevor Manuel, voormalige minister van finansies en voorsitter van die Nasionale Ontwikkelingsplan-komitee, het verlede week tydens ’n betrokkenheid by die Sentrum vir Ontwikkeling en Onderneming verwys na ‘n getuienis-gebaseerde studie van die Buro vir Ekonomiese Navorsing om die Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP) te evalueer en het verklaar dat slegs 67% van die 2030-grondhervormingsdoelwit wat in die NOP gestel is, behaal is en goed op dreef is om die beplande doelwit te bereik”. Hierdie feite word ongelukkig geïgnoreer in die politiese nastrewing van ideologiese doelstellings, wat beduidende onsekerheid in die landbousektor veroorsaak.

Volgens Wilken is die Vrystaatse been van die Onteieningswetsontwerp openbare verhore nou al twee keer uitgestel weens Covid. Die portefeuljekomitee van Openbare Werke wat die verhore hanteer, het gesê dat die laaste oorblywende provinsies, naamlik die Vrystaat en Noord-Kaap, uitgesluit word weens die oorweldigende steun van die wetsontwerp in die huidige vorm. “Alhoewel Vrystaat Landbou reeds ‘n skriftelike voorlegging gedoen het, ondersteun deur 80 000 ondertekenaars en die komitee op nasionale vlak toegespreek het om die wetsontwerp te verwerp, sal ons daarop aandring dat die provinsiale verhore ons saak sal uithoor waar ons lede hul persoonlike vrese en kommer kan uitspreek om ‘n gaping in ons wetgewing vir onteiening (van enigiemand se eiendom!) sonder vergoeding te laat.”

Enigiemand wat steeds die Onteieningswetsontwerp wil teenstaan, kan hul insette op Vrystaat Landbou se webwerf (https://vrystaatlandbou.co.za/stop-expropriation/ ) aanteken. Hierdie insette sal aan die parlementêre paneel wat die provinsiale openbare verhore hou, oorhandig word.