Fires engulf south western parts of Free State

Free State Agriculture (FSA) confirms that farmers and the Fire protection Association structures fought fires throughout the night (12 July 2021) following a day of cold and winds of up to 70km/hr. Most of these fires were in the south western Free State, in the Xhariep district with the biggest having started near Edenburg and burnt till over the N1 near Tierpoort, says dr Jack Armour, Commercial manager of FSA.

According to Johann Breytenbach of the Mangaung Umbrella Fire Protection Association (MUFPA), “the main fire has covered and area exceeding 62km in length with a fire front of up to 50 km wide. Active fires are still burning from Edenburg till Tierpoort on the N1.” Breytenbach reports livestock and game losses and structures that became engulfed in the fire, however they are still not sure of the extent of the damage. He expects fires to be contained later on in the day as winds die down and more resources come in.

Armour says a anyone wishing to assist the affected farmers, can do so by visiting FSA’s website https://vrystaatlandbou.co.za/fire-disaster-fund/

Alternatively, financial contributions can be made to  Vrystaat Landbou, ABSA, Account nr: 470940670, Branch: 632005 with reference “FIRES” + cell number.

Brande verswelg groot dele in suid-westelike Vrystaat

Vrystaat Landbou (VL) bevestig dat boere en die strukture van die Brand Beskermings-vereniging dwarsdeur die nag (12 Julie 2021) brande bestry het na ‘n dag van koue en winde van tot 70 km / uur. Die meeste van hierdie brande was in die suid-westelike Vrystaat, in die Xhariep-distrik, waarvan die grootste naby Edenburg ontstaan het en tot oor die N1 naby Tierpoort gebrand het, sê dr Jack Armour, kommersiële bestuurder van die VL.

Volgens Johann Breytenbach van die Mangaung Sambreelbrandbeskermings vereniging (MUFPA) “het die aanvanklike brand ‘n oppervlakte van meer as 62km beslaan met ‘n brandfront tot 50km breed. Brande woed steeds vanaf Edenburg tot in Tierpoort op die N1.” Breytenbach rapporteer verliese van vee, wild en strukture wat deur die brand verswelg is, maar daar is nog nie volle sekerheid oor die totale omvang van die skade nie. Breytenbach verwag dat brande later vandag onder bedwang gebring sal word namate die wind gaan lê en meer hulpbronne inkom.

Armour sê enige iemand wat die geaffekteerde boere wil help, kan dit doen deur VL se webtuiste te besoek by https://vrystaatlandbou.co.za/fire-disaster-fund/ Alternatiewelik kan finansiële bydraes gemaak word aan Vrystaat Landbou, ABSA, rekening nr: 470940670, tak: 632005 met verwysing “BRANDE” + selnommer.