News

Membership

Free State Agriculture (FSA) is every member who chooses to become involved in his local agricultural community by joining an active agricultural association.

Fire disaster fund

Help our farmers back on their feet

Increase in farm murders and attacks in 2020

share this post

Free State Agriculture (FSA) has analysed farm attacks and murders for 2020 and will release a full report in March. Comparing 2020 with 2019, the agricultural community is concerned about the rise in attacks and murders.

This increase is evident despite three months of hard lockdown and a curfew in 2020. An overall increase of 12.5% (eight attacks and one murder) since 2019 is shown. In the 2020 calendar year, 60 farm attacks and 12 murders were recorded, while in 2019 a total of 52 farm attacks and 11 murders were documented. In the farming communities, 37 towns were affected by this type of crime. High crime areas were identified as smallholdings around Bloemfontein and farms in areas of Hobhouse, Marquard, Odendaalsrus, Theunissen and Virginia. Almost 30% of farm attacks and murders occurred in farming communities from border towns near the RSA/Lesotho
border.

According to Dr. Jane Buys, FSA Safety Risk Analyst, 100 people were victims of farm attacks, of which 13 were killed. Furthermore, 30 workers, 23 producers, 3 emerging farmers, 5 people living on farms or smallholdings, and 10 wives or sons of producers and/or workers were attacked and/or killed. It is alarming that in five attacks children also counted among the victims.

As for the manifestation of attacks and killings, there usually were about 3 to 6 attackers, and 37 attacks and killings were carried out using firearms. This suggests that a farmer or worker and his wife are at the mercy of groups of armed assailants.

Mr. Jakkals le Roux, Chairperson of FSA’s Rural Safety Committee, requests farming communities and especially families to continuously empower themselves by attending training courses in home protection as well as regular firing practice with licensed firearms hosted by private security companies in agricultural association context and supported by FSA.

Vrystaat Landbou (VL) het plaasaanvalle en -moorde vir 2020 geanaliseer en sal in Maart ʼn volledig verslag bekend stel. Die landbougemeenskap is bekommerd dat ʼn styging in aanvalle en moorde voor kom wanneer 2020 vergelyk word met 2019. Dit, ten spyte van 3 maande se harde grendeltydperke en ʼn aandklok reël in 2020. ʼn Algehele verhoging  van 12.5% (8 aanvalle en 1 moord) meer as 2019.

In die 2020 kalenderjaar was daar 60 plaasaanvalle en 12 moorde, terwyl in die 2019 jaar was daar 52 plaasaanvalle en 11 moorde. 37 Dorpe se boerderygemeenskappe is geraak deur die tipe misdaad met hoë misdaad areas geïdentifiseer as plot areas om Bloemfontein, en plase in die Hobhouse, Marquard, Odendaalsrus, Theunissen en Virginia areas. Amper 30% van plaasaanvalle en -moorde het in boerderygemeenskappe van grensdorpe naby die RSA/Lesotho grens plaasgevind.

Volgens dr Jane Buys, veiligheidsrisiko analis van VL, het eenhonderd (100) persone slagoffers van plaasaanvalle geword, 13 in moorde. Dertig (30) werkers, 23 produsente, 3 opkomende boere, 5 persone wie op plase/kleinhoewes woonagtig is, en 10 vrouens/seuns van produsente en of werkers, is aangeval en of vermoor. Dit is kommerwekkend dat kinders in 5 aanvalle ook onder die slagoffers getel het.

Wat betref die manifestasie van aanvalle en moorde, is daar ongeveer 3 tot 6 aanvallers, 37 aanvalle en moorde is uitgevoer deur vuurwapens te gebruik. Dit dui daarop dat ʼn boer of werker en sy vrou uitgelewer is aan groepe gewapende aanvallers.

Mnr Jakkals le Roux, voorsitter van VL se Landelike Veiligheidskomitee, versoek boeregemeenskappe en veral gesinne om hulself deurlopend te bemagtig deur opleidingskursusse in huis- en haardbeskerming asook gereelde skietoefeninge met gelisensieërde vuurwapens by te woon wat deur privaat sekuriteitsmaatskappye in   landbouvereniging verband aangebied en deur VL ondersteun word.

In 11 aanvalle en moorde kon aanvallers nie daarin slaag om enige items te roof nie, danksy die vinnige reaksie van slagoffers en of teenstand wat hul ondersteuningsbasis gebied het, waarna aanvallers op die vlug geslaan het.

Le Roux versoek boerderygemeenskappe om hul weerbaarheid te verhoog wanneer hulle hul plaaswerf/woning nader wanneer hulle vanaf die dorp of veld kom, aangesien meer as die helfte van aanvalle en moorde buite wonings gepleeg is.  Boere moet ook bedag wees dat aanvallers onder valse voorwendsels plase betree, waar hulle hulself voordoen as veekopers of selfs as persone verbonde aan sekere staatsdepartemente. In dié verband kan kameranetwerke op plaaspaaie en by wonings voorkomend aangewend word. Boere word ook versoek om deel te vorm van ʼn veiligheidstruktuur en -plan in hul onderskeie areas, bv om in te skakel by ʼn boerevereniging en VL.

Buys meld dat 25 plaasaanvalle in die kalender jaar 2020 voorkom is deur vooraf skakeling van inligting vanaf boerderygemeenskappe asook optrede vanaf die polisie wat gelei het tot arrestasies waar gewapende persone oppad was om aanvalle uit te voer. Dreigemente asook vooraf deurgee van inligting van werkers het ook gelei tot die suksesvolle opvolging van inligting deur die Polisie en veral Misdaad Intelligensie strukture, en is die aanvalle afgeweer. Die skakeling van inligting is van kardinale belang om ʼn proaktiewe misdaad omgewing daar te stel.