Policeman arrested over stock theft

An acting police station commander and his accomplice, a previously convicted stock thief, appeared in Frankfort court on 24 March on charges of stock theft. The men were caught red-handed on Monday, 22 March stealing five sheep on the farm of Danie Muller.

Deon van der Watt, regional representative of Free State Agriculture (FSA) and farmer in the Tweeling / Frankfort area, confirmed that about 65 farmers from the area met outside the court on 24 March where the two men appeared on charges of stock theft. According to Van der Watt, the farmers informed the public prosecutor before the court proceedings that they would attend the bail proceedings.

Dr Jane Buys, Safety Risk Analyst at FSA, says that stock theft and police corruption are a significant problem in agriculture that has been problematic for years. Buys confirmed that FSA had already in October 2020 requested the Minister of Police, Mr Bheki Cele, to set up task teams to determine and investigate police involvement in stock theft syndicates and farm attacks.

The two suspects remain in custody and will appear in court again on Wednesday, March 31. FSA plans to attend the court appearance and request that the state oppose bail, based on information and statistics known to FSA.

 

Polisieman aangekeer oor veediefstal

’n Waarnemende polisie stasiebevelvoerder en sy makker, ’n voorheen veroordeelde veedief, het op 24 Maart in die Frankfort-hof op aanklag van veediefstal verskyn. Die mans is Maandag, 22 Maart op heterdaad betrap waar hulle vyf skape op die plaas van Danie Muller gesteel het.

Deon van der Watt, streekverteenwoordiger van Vrystaat Landbou (VL) en boer in die Tweeling/ Frankfort-area, het bevestig dat ongeveer 65 boere van die omgewing op 24 Maart voor die hof byeengekom het waar die twee mans op aanklag van veediefstal verskyn het. Volgens Van der Watt, het die boere voor die hofverrigtinge aan die staatsaanklaer te kenne gegee dat hulle die borgtog verrigtinge sal bywoon.

Dr Jane Buys, Veiligheidsrisiko-analis van VL, sê dat veediefstal en polisiekorrupsie ’n wesenlike probleem in landbou is wat al jare problematies is. Buys het bevestig dat VL reeds in Oktober 2020 die minister van polisie, mnr Bheki Cele, versoek het om taakspanne saam te stel om polisie betrokkenheid by veediefstalsindikate en plaasaanvalle te bepaal en te ondersoek.

Die twee verdagtes bly in aanhouding en sal Woensdag, 31 Maart weer voor die hof verskyn. VL beplan om die hofverskyning by te woon en te versoek dat die staat borg opponeer, aan die hand van inligting en statistieke wat aan VL bekend is.