Vrystaat Landbou
  • 4 Nobel St,Brandwag,
    Bloemfontein, 9300 -29.105625 | 26.192719

  • 051 444 4609,
    info@vslandbou.co.za

  • Home
  • What We Do
  • Media
    • Media releases
      • 2021
      • 2020
      • 2019
    • Video’s
    • Newsletters
    • Agri SA media
    • Gallery
  • More about us
    • More About The Organization
    • Annual Congress
    • Management Structure
    • Wall of rememberance
  • Contact Us
    • Regional Map
    • Executive BoardDagbestuur
    • Regional representatives
    • Safety representatives
    • Staff
  • Campaigns
  • Members Area
    • Membership
    • Sign In / Sign Out
  • Covid-19
  • Translate
    • Afrikaans
    • English
  • Search
  • Menu Menu

Senekal – VL soek geregtigheid vir plaasmoorde en korrupte SAPD-lede moet uit!

Vrystaat Landbou (VL) verwelkom dat die regsproses van die vermeende moordenaars van Brendin Horner begin het en hoop dat hulle nie borg toegestaan word nie. Volgens die organisasie se President, Francois Wilken, is dit belangrik dat die aandag nie van hierdie regsproses afgetrek moet word nie. “Geregtigheid vir Brendin en sy gesin bly die belangrikste”, het Wilken gesê.

Volgens Vrystaat Landbou wys die gebeure rondom Senekal dat Suid-Afrika by ‘n kruispad staan. Geweldsmisdaad in die algemeen, maar spesifiek geweld teenoor boere en plaaswerkers, is besig om gemeenskappe te verdeel. “Gesien in die lig van die regering se voortgesette onteieningsplanne – wat ook hierdie week stoom gekry het – sal georganiseerde landbou sterker na vore moet tree om die belang van landbou en die plattelandse gemeenskap te verteenwoordig”, het Wilken gesê.

Vandeesweek het die staat verskeie belangrike ondernemings aan die landbou-
gemeenskap gemaak, wat insluit optrede teen korrupte SAPD-lede en om op die bekamping van plaasaanvalle te fokus. VL verwelkom die regering se toetrede, maar vereis nou daadwerklike resultate. Geskiedenis toon egter dat georganiseerde landbou nie goedgelowig kan terug sit en vir die regering wag nie. Daarom sal georganiseerde landbou self inisiatief aan die dag lê om omstandighede te verbeter.

Die emosie rondom die Senekal protesaksies toon dat plaasaanvalle vir baie mense en gemeenskappe simbolies geraak het van wat alles in Suid-Afrika fout gaan. Dit beteken dat landbou by ‘n groter debat betrek word. Daarom sal ons ons bestaande taktiek moet heroorweeg.

“Steun uit eie geledere, maar ook uit die gemeenskap is belangrik vir ‘n suksesvolle en volhoubare landbou-omgewing”, het Wilken gesê. Dit is landbou se plig om met waardering en omsigtigheid hierdie steun te ontgin. Daarom sal boere in die toekoms pro-aktief moet toetree ten einde hul eie stem en die gemeenskap se stemme rakende landelike veiligheid te laat hoor.

Media navrae kan gerig word aan Francois Wilken, Vrystaat Landbou President 083 390 1831 of vise-president, Tommie Esterhuyse 082 782 0668.

Recent News

  • Corrupt evictions of farmers and incompetent stateKorrupte uitsettings van boere en onbekwame staat
  • FSA Young Farmer of the Year winner a true gentlemanVL Jongboer van die Jaar wenner ‘n ware ‘gentleman’
  • FSA calls for more police task forces in Free StateVL vra meer polisie taakspanne in Vrystaat
  • FSA Young Farmer finalists believe in future of agriculture in SAVL Jongboer finaliste glo in toekoms van landbou in SA
  • AG report confirms FS problems in Police, Roads & Transport DepartmentOuditeur-generaal verslag bevestig VS probleme in polisie, paaie en vervoer departement

Categories

  • Campaigns (1)
  • Economic Reports – 2019 (4)
  • Media Releases – 2020 (11)
  • Media Releases – 2019 (9)
  • Media Releases 2021 (23)
  • News (30)
  • Newsletters (1)

Our Sponsors

Quick Links

Privacy Policy

Become involved as

Member / sponsor / service provider

© Copyright – Vrystaat Landbou | Website Designed by OOWEBOO WEB ENGINEERS

Scroll to top