Veldtogte

Stop die Onteieningswetsontwerp

Help Vrystaat Landbou (VL) om die Onteieningswetsontwerp te stop.

Die nuwe Onteieningswetsontwerp poog ondere andere om 'n raamwerk te skep waar onteiening van bates sonder vergoeding moontlik kan wees. Hierdie wetsontwerp laat toe dat die staat potensieël op enige eiendom (nie net grond nie) beslag kan lê. In sy huidige vorm, moet die wetsontwerp gestop word.

Na die vorige openbare parlementêre deelnameproses wat op 28 Februarie 2021 voltooi is, het die publiek tans weer die geleentheid om kommentaar op die jongste vorm van die wetsontwerp te lewer, voor of op 6 Maart 2023.

Help Vrystaat Landbou om hierdie Onteieningswetsontwerp in sy huidige vorm te stop.

Stop die Onteieningswetsontwerp
Hiermee wil ek my teenkanting teen die Onteieningswetsontwerp bevestig en Vrystaat Landbou se pogings om die Onteieningswetsontwerp te stuit, ondersteun.
Staats Landbou se pogings om die Onteieningswetsontwerp te stop.

Ek, die ondergetekende beskou dit as my individuele en afsonderlike insette tot die parlementêre proses rakende die Onteieningswetsontwerp. Verder beskou ek die volgende as onaanvaarbare aspekte van die wetsontwerp en as 'n risiko vir my burgerlike vryhede:

  1. De-facto staatsbeheer van alle eiendom (klousule: 3)
  2. Munisipaliteite sal die reg hê om hierdie wet toe te pas en te reguleer (klousule: 1)
  3. Onteiening in “openbare belang” word wyd gedefinieer en impliseer as sodanig dat enige rede vir onteiening gebruik kan word. (klousule: 1)

My standpunt oor die wetgewende kwessie rakende eiendomsreg sluit die volgende in:

  1. Ek stem saam met VL en verwerp enige wysiging aan artikel 25 van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika (No. 108 van 1996) of enige huidige soortgelyke wetsontwerpe waarvan VL van mening is dat sodanige wysiging 'n negatiewe impak op enige vorm kan hê van private eiendomsreg. Terselfdertyd word enige onteiening van enige vorm van private eiendom sonder vergoeding heeltemal afgekeur.
  2. Soos VL ondersteun ek toekomsgerigte, ekonomies volhoubare landbou-ontwikkeling wat daarop gemik is om die uitbreiding van die landbousektor sowel as voedselsekerheid aan die mense van Suid- en Suider-Afrika na te streef.
  3. Ek stem saam met VL dat die staat, handelsbanke en ander finansieringsinstellings finansieringsmodelle moet vestig wat volle titel aan alle nuwe toetreders tot die landbou verskaf.
  4. Eiendomsreg moet uitgebrei word om toeganklik te wees vir alle Suid-Afrikaners. Die Onteieningswetsontwerp verminder en bedreig eiendomsreg.

VL se vyfpunt-aksieplan:

  1. VL sal deelneem aan die opstel van die gedetailleerde skriftelike voorlegging in samewerking met AgriSA en ons lede.
  2. VL sal die publiek mobiliseer om die Onteieningswetsontwerp te stop.
  3. VL sal die voorleggings van alle lede van die publiek wat hierdie memorandum onderteken het, formeel aan die parlement voorlê.
  4. VL sal aktief deelneem aan die openbare verhore na die tydperk vir skriftelike verteenwoordiging.
  5. VL sal enige wetgewing teenstaan wat 'n negatiewe impak op enige vorm van eiendomsreg kan hê, of onteiening van enige vorm van private eiendom sonder regverdige en billike vergoeding.