Veldtogte

Rampfonds

Help ons boere weer op hul voete ná verwoestende veldbrande in die Vrystaat

Suid-Afrika se landelike gebied kry swaar verwoestende brande. Hierdie ramp het 'n impak op voedselproduksie en het 'n verwoestende uitwerking op die ekonomie in die geaffekteerde gebiede.

Ons moet hierdie gemeenskappe bystaan. Daarom het Vrystaat Landbou ’n rampfonds gestig. Die Vrystaat Landbou Rampfonds verseker dat die hulp vinnig en direk uitkom waar dit die nodigste is.

Jy kan Vrystaat Landbou help om hierdie boere weer op hul voete te kry.

Voltooi die vorm hieronder om te skenk en Vrystaat Landbou sal jou kontak.

Hiermee ondersteun ek Vrystaat Landbou se rampfondsveldtog om landelike gebiede meer veerkragtig te maak en om so gou moontlik ramphulp te bied.
Tipe skenking:
Speel video

Vrystaat Landbou se vyfpunt-aksieplan vir veerkragtige landelike gemeenskappe en onmiddellike en geteikende ramphulp:

  1. Opleiding: Opleiding van en ondersteuning vir rampbestuurverteenwoordigers by elke landbouvereniging.
  2. Voorkoming: Onderhandelinge op plaaslike regeringsvlak en met staatsdepartemente om te verseker dat die staat sy plig ten opsigte van rampvoorkoming nakom, en deur rampplanne te skryf en saam te stel wat elke munisipaliteit in plek behoort te hê.
  3. Mobilisering: Om te verseker dat rampverteenwoordigers die nodige toerusting het om rampe effektief te voorkom, en om effektief te kan kommunikeer en die regte strukture vinnig tydens rampe te kan ontplooi.
  4. Nood assessering: Vinnige goedkeuring van die nodige fondse om rampbehoeftebepalings op te stel in ooreenstemming met die bepalings van VL se beleid oor natuurrampe
  5. Koördinering van hulp: Om donasies verantwoordelik te kanaliseer en te bestuur sodat fondse vinnig beskikbaar gestel kan word.