Nuus

Lidmaatskap

Vrystaat Landbou (VL) is elke lid wat kies om betrokke te raak in sy of haar plaaslike landbougemeenskap deur by ʼn aktiewe landbouvereniging aan te sluit.

Rampfonds

Help ons boere terug op hul voete

16 bykomende private ondersoekers om veediefstal te bekamp

deel hierdie plasing

Vrystaat Landbou, in samewerking met die private sekuriteitsmaatskappy LGV, het die afgelope 2 dae 16 bykomende Psira-geregistreerde private ondersoekers oor veediefstal opgelei. Dit bring die totale aantal ondersoekers op 21 te staan.

Volgens Peet Swanepoel, provinsiale koördineerder vir die PSIRA private ondersoekers, volg die opleiding op versoek van verskeie Vrystaatse boerderygemeenskappe waar veediefstal hoogty vier. 

Die inisiatief het aanvanklik op 1 Julie 2023 in die Fezile Dabe-distrik afgeskop toe Vrystaat Landbou self R1 miljoen gefinansier het, omdat gevalle van veediefstal in die Vrystaat onaanvaarbare vlakke bereik het. “Tekort aan mannekrag, voertuie en toerusting by Veediefstaleenhede (VDE) van die SAPD is 'n groot bron van kommer en dit het duidelik geword dat 'n gemeenskapsinisiatief nodig is om dinge te help omkeer”, sê Swanepoel. Suksesse wat in samewerking met die polisie se Landelike Veiligheidskoördineerders sowel as Veediefstaleenhede (VDE) in sekere hoë misdaadgebiede behaal is, het reeds gewys dat die inisiatief uitgebrei moet word.

Die boerderygemeenskappe van Steynsrus, Bultfontein, Jacobsdal, Marquard, Reddersburg en Bloemfontein het persone geïdentifiseer wat as private ondersoekers opgelei moet word, ten einde hulle te bemagtig en op te lei om hierdie tipe misdaad doeltreffend aan te spreek. Die gemeenskappe neem ook self verantwoordelikheid vir alle operasionele uitgawes rakende die ondersoekers. Verskeie befondsingsmodelle is voorgestel.

Isabel Kruger, veediefstalveiligheidsverteenwoordiger van VL meen die groot behoefte op grondvlak dui daarop dat kommersiële boere uiters geteiken word deur kriminele groepe en sindikate wat vee steel. Die situasie het so nadelig geraak dat baie boere hul boerderypraktyke moes prysgee of van sekere soorte diere ontslae moes raak. Die koördinering van die tipe misdaad en sentralisering van alle inligting is van deurslaggewende belang om sukses te behaal.