Suid-Afrika se landelike gebiede word ernstig bedreig deur 'n buitengewone groot sprinkaanplaag. Hierdie ramp sal 'n groot impak op voedselproduksie hê en kan ook die ekonomie in die geaffekteerde gebiede lamlê. Daarom moet die nodige voorkomingsmaatreëls getref word voordat die eiers weer uitbroei.
Ons moet hierdie gemeenskappe bystaan. Daarom het Vrystaat Landbou ’n rampfonds gestig. Die Vrystaat Landbou Rampfonds verseker dat hulp en die nodige voorsorgopleiding en toerusting vinnig en direk uitkom waar dit die nodigste is.
Jy kan Vrystaat Landbou help om hierdie boere weer op hul voete te kry.
Voltooi die vorm hieronder om te skenk en Vrystaat Landbou sal jou kontak.