Veldtogte

Sprinkaanrampfonds

Help ons boere weer op hul voete na die verwoesting wat deur sprinkane veroorsaak is

Suid-Afrika se landelike gebiede word ernstig bedreig deur 'n buitengewone groot sprinkaanplaag. Hierdie ramp sal 'n groot impak op voedselproduksie hê en kan ook die ekonomie in die geaffekteerde gebiede lamlê. Daarom moet die nodige voorkomingsmaatreëls getref word voordat die eiers weer uitbroei.

Ons moet hierdie gemeenskappe bystaan. Daarom het Vrystaat Landbou ’n rampfonds gestig. Die Vrystaat Landbou Rampfonds verseker dat hulp en die nodige voorsorgopleiding en toerusting vinnig en direk uitkom waar dit die nodigste is.

Jy kan Vrystaat Landbou help om hierdie boere weer op hul voete te kry.

Voltooi die vorm hieronder om te skenk en Vrystaat Landbou sal jou kontak.

Hiermee ondersteun ek Vrystaat Landbou se rampfondsveldtog om landelike gebiede meer veerkragtig te maak en om so gou moontlik ramphulp te bied.
Tipe skenking:

Vrystaat Landbou se vyfpunt-aksieplan vir veerkragtige landelike gemeenskappe en onmiddellike en doelgerigte rampverligting:

1 . Opleiding: Opleiding aan en ondersteuning van rampbestuursverteenwoordigers deur eke landbouvereniging.
2. Voorkoming: Bedinging by plaaslike regering en staatsdepartemente om te verseker dat die staat sy plig nakom in terme van rampvoorkoming en in die skryf en opstel van rampplanne wat elke munisipaliteit in plek behoort te hê.
3. Mobilisering Versekering dat rampverteenwoordigers die nodige toerusting het om rampe-effektief te voorkom, en om tydens rampe-effekte te kommunikeer en die regte strukture vinnig te kan ontplooi.
4. Noodassessering: Spoedige goedkeuring van die nodige fondse om rampbehoeftebepalings volgens die bepalings van VL se beleid oor natuurlike rampe te doen (skakel na lededokumente).
5. Koördinering van hulpverlening: Om skenkings verantwoordelik te kanaliseer en te bestuur sodat fondse spoedig beskikbaar gestel kan word.