Nuus

Lidmaatskap

Vrystaat Landbou (VL) is elke lid wat kies om betrokke te raak in sy of haar plaaslike landbougemeenskap deur by ʼn aktiewe landbouvereniging aan te sluit.

Rampfonds

Help ons boere terug op hul voete

107 639 voorleggings teen die Grondwetwysiging

deel hierdie plasing

Die wysiging van Artikel 25 van die Grondwet sal net bydra tot die ellende van Suid-Afrika. Dit was die boodskap aan die parlement deur die meer as 107 000 burgers wat deelgeneem het aan die Vrystaat Landbou (VL) se openbare veldtog om eiendomsreg te beskerm en die grondwetwysiging van Artikel 25 teen te staan.

Volgens Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou, wys hierdie ondersteuning dat die sienings van VL oor eiendomsreg 'n baie wyer steunbasis het as sy boere-lidbasis. "Dit wys dat daar 'n beduidende deel van die publiek is wat verstaan dat die ondermyning van eiendomsreg tot die ondermyning van menseregte sal lei."

VL het sy opponerende kommentaar op Vrydag 13 Augustus ingedienste aan die parlementêre komitee. Die redes waarom VL enige Grondwetlike wysiging verwerp het, sluit in:

  1. Plaaslike en internasionale beleggingsonsekerheid wat groei in indiensneming verder sal smoor.
  2. Die wysiging sal 'n gaping oopmaak vir geen vergoeding vir alle eiendom. Geen belegging kan in enige eiendom gemaak word as die eienaarskap van daardie eiendom nie vir die duur van die belegging gewaarborg kan word nie. Artikel 25 van die grondwet soos dit is, behoorlik toegepas met markpryse as basis, kan 'n regverdige en billike grondhervorming bewerkstellig soos vereis.
  3. Ons gemandateerde posisie deur ons lede is om vir private eiendomsreg te steun. Enige vorm van voogdyskap of nasionalisering deur die staat word heftig gekant teen. Die staat het duidelik sy onbevoegdheid bewys om grond regverdig en billik te bestuur namens die burgers van SA.

“Om hoogs produktiewe landelike landbougrondgebaseerde bedrywighede in gevaar te stel deur voort te gaan met die voorgestelde grondwetwysigings, sal Suid-Afrika net verder in ’n ernstige ekonomiese en humanitêre krisis stoot en nie die ekonomiese vryheid vir die massas soos deur politici belowe nie,” sê Wilken.