Nuus

Lidmaatskap

Vrystaat Landbou (VL) is elke lid wat kies om betrokke te raak in sy of haar plaaslike landbougemeenskap deur by ʼn aktiewe landbouvereniging aan te sluit.

Rampfonds

Help ons boere terug op hul voete

Ficksburg gemeenskap verenig om paaie forum te skep

deel hierdie plasing

Verskeie organisasies en liggame uit die Ficksburg-gemeenskap het op 2 Maart byeengekom met een gemeenskaplike doel, naamlik om die haglike toestand van paaie in die gebied aan te spreek. 'n Brief gerig deur die vergadering aan die premier van die Vrystaat, me Sisi Ntombela, dring aan op 'n dringende vergadering binne 7 dae om verdere optrede te voorkom.

Volgens Friedl Von Maltitz, Setsoto se streekverteenwoordiger van Vrystaat Landbou (VL), het die Ficksburg Landbouvereniging saam met die Imperani Landbouvereniging, wat opkomende boere in die gebied verteenwoordig, die inisiatief geneem om al die rolspelers in die gebied te betrek. Die vergadering, bygewoon deur lede van onder andere FITA (Ficksburg Taxi Association), AFASA, OVK, Setsoto Youth Development, Ficksburg Meenthuurders, ens. het besluit om 'n forum bekend as 'Sechaba sa Ficksburg' te stig.

“Die boere is ontsteld oor die toestand van paaie, maar ons het nou eers besef hoe ver dit ook die res van die gemeenskap raak.” sê von Maltitz. “Taxibestuurders se inkomste is in die gedrang, want sekere roetes is heeltemal onbegaanbaar.”

In die brief aan die Premier wat gesamentlik deur alle lede van die forum opgestel is, word dit duidelik gestel dat die talle beloftes deur verskeie staatsamptenare, insluitend die Premier, nie gerealiseer het in die verbetering en opgradering van paaie in die distrik nie. Die forum dring dus aan op 'n vergadering met die Premier en amptenare verantwoordelik vir die instandhouding van die distrik se paaie. Die forum stel dit ook duidelik dat enige fondse wat vir die herstel van paaie bewillig word, slegs deur die forum geadministreer moet word.

Verlede week is ’n petisie met meer as 2 000 handtekeninge deur inwoners van Lindley, Petrus Steyn en Arlington breër gemeenskap aan die kantoor van Sam Mashinini, Vrystaatse LUR vir paaie, polisie en vervoer, oorhandig waarin dringende herstelwerk aan die R707 versoek word.

Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou (VL), meen dit is positief dat gemeenskappe saamstaan. “Die regering sal kennis moet neem van gemeenskappe se besware, want almal het 'n grondwetlike reg op basiese dienste. Die versuim om infrastruktuur in stand te hou, ontneem mense egter van hierdie reg.”