Nuus

Lidmaatskap

Vrystaat Landbou (VL) is elke lid wat kies om betrokke te raak in sy of haar plaaslike landbougemeenskap deur by ʼn aktiewe landbouvereniging aan te sluit.

Rampfonds

Help ons boere terug op hul voete

Vrystaatse Brande: Openbare ondersteuning ongekend

deel hierdie plasing

Groot dele van die Wes-Vrystaat lê in puin. Vrystaat Landbou (VL) het vandag in 'n verklaring gesê verlede week se wydverspreide veldbrande het een van die belangrikste landboustreke op hul knieë gedwing.

Volgens Vrystaat Landbou president, Francois Wilken, is duisende hektaar veld vernietig, diere verbrand, met miljoene rande se skade. Die jong boer Tewie Nel (28) is ook tydens brandbestryding ernstig beseer.

“Ná die Senekal-tragedie het die brande boere naby breekpunt gebring, maar die byna ongekende openbare steun was 'n keerpunt,” het Wilken gesê.

Honderde mense en instansies, van regoor Suid-Afrika, het gereageer op VL se versoek om bystand aan boere. “Van voer, vee en finansiële bydraes tot besighede wat sal help om infrastruktuur te herstel. Selfs 'n skenking van die VSA is ontvang,” het Wilken gesê.

“In hierdie gespanne tye is dit bemoedigend dat mense van alle rasse en instansies uit diverse gemeenskappe opgestaan het om te help.”

VL sal nou verseker dat die broodnodige bystand die verskillende landbougemeenskappe so gou moontlik bereik. VL sien dit as 'n gesamentlike poging tussen gemeenskappe, organisasies en individue. 'n Koördineringsgroep is byeengeroep deur Naude Pienaar van Agri Noordwes bestaande uit VL, Agri Noordwes, Agri Noord-Kaap, Mpumalanga Landbou, Gift of the Givers, AfriForum, Caring Daisies, SAAI, Boere in Nood, Droogtehulp SA, TLU NW, Droogtehulp met Burre Burger, SENWES en NWK Beperk, wat op hul beurt staatmaak op hul netwerke in hierdie groot koördineringstaak.

VL het boonop grondvlakstrukture versoek om te help om 'n deeglike beoordeling van boere se behoeftes saam te stel. Streeksvergaderings binne die geaffekteerde streke word reeds vir Dinsdag, 27 Oktober 2020 beplan.

Dankbetuigings vir al die ondersteuning wat die landbou ontvang het, kan nie genoeg beklemtoon word nie. Daar is egter steeds 'n groot behoefte. Enige iemand wat nog 'n bydrae wil maak, kan hul naam SMS na 37846 (SMS kos R1, B'e en V'e). Vrystaat Landbou sal u dan kontak.

Media navrae
Francois Wilken
FSA: President
083 390 1831

Tommie Esterhuyse
VL: Vise-president
082 782 0668