
Die huidige hittegolftoestand, tesame met fase 6-beurtkrag, plaas geweldige stres op veral mielie- en sojaboon-oeste op droëland en selfs onder besproeiing in verskeie streke in die Vrystaat. “Die sameloop van omstandighede veroorsaak groot angs in die landbougemeenskap op ’n kritieke tydstip in die ontwikkeling van ons oeste.” sê Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou (VL).
Kempen Nel, besproeiingsboer en raadslid van VL, bevestig dat mielie-aanplantings in die Oranje Riet Watergebruikersvereniging (WGV)-gebied op die punt staan van 'n kritieke groei- en ontwikkelingstadium maar “langdurige fase 6-beurtkrag verhoed dat besproeiingsboere genoeg water kan deponeer om in die optimale behoeftes van die plante te voorsien.” Nel sê boere in die omgewing is baie bekommerd oor hul opbrengste en gevolglik finansiële verlies weens beurtkrag.
Dr Jack Armour, kommersiële bestuurder van VL, noem dat die organisasie vroeg verlede jaar met ESKOM vergader het oor dieselfde probleem. “Die voorgestelde oplossing deur Eskom was om aansoek te doen vir Belastingvermindering, maar dit was nie prakties werkbaar vir die Oranje Riet WGV nie. Die huidige voorgestelde oplossing van lasvermindering is volgens Armour ook nie prakties nie, aangesien die duur pomptoerusting groot skade ly weens onvoldoende kraginvloei.
Wilken voeg by dat ESKOM se werking en toepassing van beurtkrag dikwels die platteland benadeel. “Boere en landelike gemeenskappe ervaar baie langer ure van beurtkrag as wat in die stede op dieselfde vlak van beurtkrag ervaar word. Ons sal graag 'n duidelike antwoord oor hierdie onreg wil ontvang”, sê Wilken.
Nel het bevestig dat Vrystaat Landbou op 23 Februarie 'n geskeduleerde vergadering met ESKOM het om onder meer die kwessie van beurtkrag dringend aan te spreek. “Ons wil ook dringend die kwessie van beurtkragvrystelling ondersoek.” Nel het verwys na die hofbevel deur die Pretoriase hooggeregshof wat minister van energie, mnr Ramokgopa, opdrag gegee het om dringend toe te sien dat hospitale, skole en polisiestasies van beurtkrag vrygestel word. “Die hof het verklaar dat verskeie menseregte, soos toegang tot water en voedsel, deur beurtkrag geraak word. Ons (besproeiingsboere) is die voedselverskaffers, maar word deur beurtkrag beperk of verhinder om hierdie behoefte aan te spreek en daarom is ons van mening dat die landbou ook dringend van beurtkrag vrygestel moet word.”
8Plasings
4Plasings
11Plasings
9Plasings
68Plasings
31Plasings
16Plasings
18Plasings
11Plasings
1Plasings
171Plasings
13Plasings
12Plasings