Nuus

Lidmaatskap

Vrystaat Landbou (VL) is elke lid wat kies om betrokke te raak in sy of haar plaaslike landbougemeenskap deur by ʼn aktiewe landbouvereniging aan te sluit.

Rampfonds

Help ons boere terug op hul voete

VL vra vir meer polisietaakmagte in Vrystaat

deel hierdie plasing

Die polisietaakspan wat ná die moord op Brendin Horner in die Bethlehem-beheerkamer se bedieningsarea saamgestel is, vergader gereeld. Dié taakspan, wat op versoek van die georganiseerde landbou sowel as die boeregemeenskap in die omgewing saamgestel is en wat uit verskeie afdelings van die SAPD bestaan, fokus hoofsaaklik op polisiebetrokkenheid en korrupsie in die georganiseerde diefstal van vee.

Jakkals le Roux, voorsitter van die Vrystaatse Landbou (VL) Landelike Veiligheidskomitee, bevestig dat terugvoer van die taakspan aan boerderygemeenskappe op ’n “need to know”-beginsel geskied. “Wat egter steeds kommerwekkend is vir boerderygemeenskappe in die gebied, is die gebrek aan kapasiteit binne die veediefstaleenheid wat die gebied bedien.” sê Le Roux.

'n Ernstige versoek deur VL is herhaaldelik geopper met die kantoor van die Vrystaatse LUR vir Polisie, Paaie en Vervoer, mnr Sam Mashinini, die Provinsiale Kommissaris van die SAPD in die Vrystaat asook met Forums op nasionale vlak (AgriSA en Veediefstal) Voorkomingsforum) om veediefstaleenhede in die Vrystaat en veral aangrensend aan die RSA/Lesotho-grens met voldoende mannekrag, voertuie en toerusting te bemagtig aangesien hulle so 'n groot bedieningsarea het. Die Bethlehem-omgewing is een van hulle. Le Roux noem dat daar hoegenaamd geen verandering gekom het om die veediefstaleenheid en boerderygemeenskappe in hierdie verband by te staan nie. “Die enigste gevolgtrekking wat ons dus kan maak, is dat veediefstal nie werklik 'n prioriteit vir die polisie en die minister is nie en dat daar ook geen werklike wil is om dit aan te spreek nie.”

Intussen sê Tommie Esterhuyse, visepresident van VL, die organisasie se memorandum met die Vrystaatse LUR vir Polisie, Paaie en Vervoer, wat op 13 Oktober 2020 onderteken is, moet verdere aandag geniet. Die memorandum tussen VL en die LUR vra dat polisiebetrokkenheid en korrupsie aktief deur die polisie aangespreek word met die samestelling van taakspanne in die provinsie om veral plaasaanvalle en georganiseerde diefstal van vee te ondersoek. Die versoek het gemanifesteer in die samestelling van een taakspan in die Bethlehem-omgewing oor die afgelope 6 maande.

Esterhuyse noem verder dat VL tydens 'n vergadering met die provinsiale bestuur van die SAPD in Oktober 2020 daarop gewys het dat inligting rakende beweerde polisiekorrupsie in misdade op landbougrond en veral veediefstal reeds van 14 dorpe se boerderygemeenskappe ontvang is. Wat VL se kennis betref, is geen ander taakspanne in die Vrystaat op die been gebring waar boerderygemeenskappe hul inligting aan 'n sameroeper van die polisie of die Valke kan deurgee nie. Die gebrek aan die implementering van 'n werksmetode deur die polisie om sulke strukture en kommunikasie in alle distrikte van die Vrystaat die afgelope 6 maande te vestig, is problematies, aangesien die nodige koppeling van inligting nie plaasvind nie.

VL rig dus 'n dringende versoek aan die Vrystaatse LUR vir Polisie, Paaie en Vervoer om so 'n werksmetode daar te stel wat aan boerderygemeenskappe beskikbaar gestel kan word. Sulke optrede sal aandui dat polisiekorrupsie in alle gebiede van die Vrystaat ernstig opgeneem word, sê VL.