
"Boere se frustrasievlakke styg steeds omdat hulle geen van die beloofde verbeterings in die plattelandse paaie sien wat aanhoudend afneem nie! Dit noop boere om in te spring en basiese herstelwerk te doen of self skraperoperateurs te betaal, net sodat paaie rybaar is,” sê Francois Wilken, President van Vrystaat Landbou (VL) uit ernstige kommer oor die toenemende koste om sake te doen in die landelike Vrystaat.
VL het op Vrydag 23 Februarie 2024 met die HOD, Direkteure en Distrikpadingenieurs van die Departement van Gemeenskapsveiligheid, Paaie en Vervoer vergader waar hierdie en ander bekommernisse geopper en aangespreek is.
“Ons verwelkom die erkenning van sekere kritieke probleme met ons landelike paaie en die aanstelling van spesifieke taakspanne om dit aan te spreek,” sê Gernie Botha, HUB van VL. “Ons neem egter ook met ernstige kommer kennis van die groot agterstand en baie beperkte begroting wat die departement het om ons paaie reg te maak, met erkenning van die vordering met beperkte begroting waar dit bestee is,” sê Botha. Die volgende taakspanne is deur die HOD opgeroep met 'n bevel om binne die volgende maand byeen te kom om met oplossings vorendag te kom: 1)Die Lesotho-grenspad en 2) Wetlikheid om swaar vragmotors van paaie af te hou wat nie vir swaar verkeer ontwerp is nie.
Dr Jack Armour, Kommersiële Bestuurder by VL het beklemtoon dat baie beter kommunikasie en deursigtigheid in die begroting, beplanning en verkrygingsproses nodig is vir die landbougemeenskap om vertroue in die Departement te herstel. “Kritieke kwessies word egter steeds nie aangespreek nie,” het Armour uit kommer aan die HOD gesê, naamlik:
Een stukkie goeie nuus was dat die HOD aangedui het dat daar moontlik 6 nuwe skrapers vir die Departement aangekoop word om in die nabye toekoms in die distrikte te gebruik. Verder ook dat 'n nuwe direkteur aangestel is om die afdeling vir instandhouding en herstel van die geel vloot aan te spreek.
8Plasings
4Plasings
11Plasings
9Plasings
68Plasings
31Plasings
16Plasings
18Plasings
11Plasings
169Plasings
12Plasings
12Plasings