Nuus

Lidmaatskap

Vrystaat Landbou (VL) is elke lid wat kies om betrokke te raak in sy of haar plaaslike landbougemeenskap deur by ʼn aktiewe landbouvereniging aan te sluit.

Rampfonds

Help ons boere terug op hul voete

Vlak 4-regulasies kan lei tot gaping in polisiëring in landelike gebiede

deel hierdie plasing

Die aankondiging van vlak 4 Covid-regulasies deur die regering, wat padblokkades rondom Gauteng insluit wat deur onder andere SAPD Veiligheidskoördineerders beman moet word, kan moontlik lei tot 'n leemte in polisiëring in landelike gebiede. Vrystaat Landbou (VL) en die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) versoek boere dus om betrokke te wees by veiligheidstrukture in hul onderskeie gebiede, maar veral in die Noord-Vrystaat, om gereedheid en sigbaarheid in die landelike gebiede te vestig.

Tommie Esterhuyse, vise-president van VL, sê dat baie Veiligheidskoördineerders aan hul daaglikse take in landelike gebiede onttrek word om diens te verrig by padblokkades wat vanaf 1 Julie op die grense van Gauteng opgerig sal word. Esterhuyse meen dié optrede kan moontlik tot ’n leemte in polisiëring in landelike gebiede lei.

Esterhuyse versoek boere dus om groter paraatheid, waaksaamheid en oplettendheid aan die dag te lê. Skakeling van verdagte persone, voertuie en beweging, veral tydens aandkloktye, moet ernstig opgeneem word deur landbougemeenskappe, veral waar plaaswagstrukture gevestig is. Verder beveel VL aan dat landbougemeenskappe met hoër sigbaarheid betrek moet word ten opsigte van wit/blouligpatrollies, veral witligpatrollies in hul onderskeie gebiede en enige inligting moet deurgegee word aan veiligheidsverteenwoordigers van landbouverenigings en landelike veiligheidskoördineerders.

Benewens laasgenoemde, sê Isabel Kruger, voorsitter van die Veediefstalvoorkomingsforum van die RPO, ook dat daar 'n kommerwekkende toename in veediefstal is. Veral die Noord-Vrystaat gaan gebuk onder groot getalle vee (meer as 30) wat op een slag gesteel word. “Die feit dat veilings tans deur die regering op Vlak 4 gestaak is, behoort ’n aansienlike afname in die vervoer van vee na veilingshuise te hê, maar dit sal nie die informele vraag en aanbod van vee stuit nie. Dit kan ook bydra tot slagtings wat plaasvind op plase waar vleis na geïdentifiseerde afsetpunte vervoer word. ” sê Kruger.

Volgens Jakkals le Roux, voorsitter van die VL-veiligheidskomitee, is daar tans ook 'n toename in oorgrens-misdaadaktiwiteite teen die RSA/Lesotho-grens, waar landbougemeenskappe die teiken word van misdadigers uit Lesotho wat boere se vee plunder (soms meer) as 50 op 'n slag) en steel ander implemente / produkte soos sonpanele, ens. Verdere misdade soos die sny van drade en boere se landerye wat aan die brand gesteek word vind ook plaas. “Die afgelope week is koperkabels van Eskom-substasies en MTN-torings in die Clarens / Fouriesburg-omgewing gesteel en by verskeie geleenthede gevandaliseer. Dit skep ’n groot veiligheidsrisiko vir landbougemeenskappe wat sonder selfoonseine of elektrisiteitstoevoer moet klaarkom.” sê Le Roux.

Vrystaat Landbou rig namens landbougemeenskappe 'n ernstige versoek aan die SANW en SAPD om hande te vat met die gemeenskappe om hoër sigbaarheid in die oorgrensgebiede te skep wat ook met wit/blouligpatrollies gepaard kan gaan. Die betrokkenheid en deelname van veral jonger boere by veiligheidstrukture is van kardinale belang.