Nuus

Lidmaatskap

Vrystaat Landbou (VL) is elke lid wat kies om betrokke te raak in sy of haar plaaslike landbougemeenskap deur by ʼn aktiewe landbouvereniging aan te sluit.

Rampfonds

Help ons boere terug op hul voete

Minimumloon – Die regering se begrip van ekonomiese realiteite bevraagteken

A combine harvester working alongside a tractor on a crop in a field.
A combine harvester working alongside a tractor on a crop in a field.

deel hierdie plasing

“Die 8.5%-aanpassing van die Nasionale Minimumloon, soos dit op 2 Februarie 2024 in die Staatskoerant gepubliseer is, is heeltemal uit voeling met die ekonomiese realiteite wat besighede ervaar en is aanduidend van die totale gebrek aan begrip oor die ekonomiese toestande in die land”, sê Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou (VL).

Wilken merk verder op dat werkgewers in die sektor redelike en billike lone vir werknemers ondersteun. Boerdery is geskoei op gesonde sakepraktyke wat finansiële oorwegings insluit rakende onder meer die beskikbaarheid van voldoende middele om werknemers te vergoed. “Hierdie (herhaaldelike) drastiese aanpassing van die nasionale minimum loon is nie net uit voeling met die ekonomiese realiteite nie, maar sal ook ’n aansienlike las op die sektor plaas.”

“Die landbousektor het die vermoë om werk te skep, iets wat die land in hierdie stadium regtig nodig het. As die 32% werkloosheidsyfer in ag geneem word, wil dit egter voorkom asof ekonomiese realiteite by die agterdeur uitgewaai het as daar na die optrede van besluitnemers gekyk word. Ideologie en die besef dat die verkiesing waarskynlik meer 'n tameletjie gaan wees as in vorige verkiesings, beteken dat besluite eerder gefokus is op oorlewing by die stembus in plaas daarvan om 'n omgewing te skep waarin besigheid kan floreer en kwessies soos werkloosheid en armoede kan doeltreffend aangespreek word.” sê Wilken.

Dit is kommerwekkend dat die Nasionale Minimum loon kommissie in die verslag oor voorgestelde aanpassings aan die minimumloon nie 'n belangrike oorweging soos produktiwiteit noem nie, iets waarvoor Suid-Afrika se arbeidsmark om die verkeerde redes bekend is. Die effek van 'n onoordeelkundige minimum loon aanpassing kan 'n verdere rimpeleffek op indiensneming hê, terwyl verdere werksverliese nie buite rekening gelaat word nie.