
17 Januarie 2019
Die opskorting van Suid-Afrika se bek-en-klouseer-vry-status het skokgolwe deur die landboubedryf gestuur. Dit beteken dat die land vir ’n onbepaalde tyd nie meer vleis en ander veeprodukte kan uitvoer nie, wat groot ekonomiese uitdagings inhou en tot werkverliese kan lei.
Suid-Afrika het sy status verloor nadat die siekte in Januarie 2019 by beeste in Limpopo waargeneem is. Die regering het op 7 Januarie 2019 erken dat bek-en-klouseer by diere in Vhembe gevind is.
Die impak van bek-en-klouseer is een van die onderwerpe wat die landbou-ekonoom prof Johan Willemse op 1 Februarie 2019 by ’n werksessie oor landboumarkvooruitsigte in Bloemfontein gaan aanspreek. Willemse sal ook by sy eerste kwartaallikse werkswinkel van 2019 by die Biker's Church op prys- en oesvooruitsigte fokus. Lede van die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) sal ook teenwoordig wees en James Faber, eerste ondervoorsitter van die RPO, is 'n gasspreker.
Hy sal ook soos gewoonlik sy kennis oor die nuutste graan-, vee- en ekonomiese vooruitsigte deel. 'n Ligte middagete word ook voorsien.
Besprekings moet teen 28 Januarie 2019 gemaak word.
Datum: 1 Februarie 2019
Ligging: Biker's Church (Tempe-lughawepad; verby Langenhovenpark)
Registrasie: 09:00 – 10:00
Tyd: 10:00 – 13:30
Prys: R300 per persoon
Sluitingsdatum: Bespreek teen 28 Januarie 2019
Vooraf besprekings noodsaaklik: Bespreek by marlene@jomar.co.za of 083 381 8011
8Plasings
4Plasings
11Plasings
9Plasings
68Plasings
31Plasings
16Plasings
18Plasings
11Plasings
169Plasings
12Plasings
12Plasings