Nuus

Lidmaatskap

Vrystaat Landbou (VL) is elke lid wat kies om betrokke te raak in sy of haar plaaslike landbougemeenskap deur by ʼn aktiewe landbouvereniging aan te sluit.

Rampfonds

Help ons boere terug op hul voete

Die impak van Oekraïne en Rusland op SA landbou

deel hierdie plasing

Vrystaat Landbou (VL) is bekommerd oor die impak wat 'n sameloop van omstandighede op voedselpryse en voedselsekerheid in Suider-Afrika kan hê.

Francois Wilken, president van VL, noem dat verskeie aspekte tans 'n groot impak op die landbou het, insluitend:

– Die skok stygings in ruoliepryse wat diesel opwaarts stoot na nuwe rekordpryse as gevolg van die Rusland-Oekraïne oorlog – diesel maak 10% insette uit van konvensionele mielieproduksie.

– ESKOM se massiewe afhanklikheid van diesel – Grootskaalse diefstal van diesel uit ons nasionale pypleidingnetwerk wat ons drinkwaterbronne besoedel.

– Die sluiting van Suid-Afrika se brandstofraffinaderye

– Verdubbeling van ingevoerde kunsmis- en landbouchemikalieëpryse.

“Al hierdie faktore laat boere in die Vrystaat twee keer dink oor hul kapitaalbeleggings en aanlegstrategie vorentoe,” sê Wilken. “Boere wat kapitaal beskikbaar het, belê eerder in alternatiewe energie om heeltemal van die ESKOM-netwerk af te kom weens die totale onbetroubaarheid van ESKOM asook die bo-inflasie prysstygings oor die afgelope paar jaar.”

Dr Jack Armour, kommersiële bestuurder van VL, voeg ook by dat onbekostigbare insetkosteverhogings veroorsaak dat mielies nie meer op die konvensionele manier bekostigbaar is nie. “Die toenemende internasionale vraag na mielies en sorghum vir biobrandstof kan pryse opstoot terwyl ruoliepryse so hoog bly.”

Kempen Nel, VL-bestuurslid en besproeiingsboer van Jacobsdal, sê hy is reeds ver gevorder met planne om onafhanklik van ESKOM-krag te kan besproei. “Wat die oorlog in die Oekraïne ons leer, is dat landbou moeilik is om sonder krag en diesel te bedryf. Produkte kan nie vir handel vervoer word nie en daarom kan voedsel nie van die plase na die stede geneem word nie. Daar is nie eers toegang tot drinkwater nie en dit word 'n stryd om eie oorlewing. Energie, water en voedselsekerheid gaan dus hand aan hand. Boere moet dus beplan om meer aanpasbaar te wees by energie- en brandstofafhanklikheid van buite. “Ongelukkig blyk mielieproduksie, wat die hoofbron van voedsel vir ons nasie is, nie ’n aantreklike opsie te wees binne hierdie onsekerhede nie.”