Nuus

Lidmaatskap

Vrystaat Landbou (VL) is elke lid wat kies om betrokke te raak in sy of haar plaaslike landbougemeenskap deur by ʼn aktiewe landbouvereniging aan te sluit.

Rampfonds

Help ons boere terug op hul voete

Jong boere die sleutel tot toekomstige voedselsekerheid

deel hierdie plasing

“Suid-Afrika se jong boere is nie net die toekoms van die landboubedryf nie, maar ook die sleutelrolspelers om voedselsekerheid te verseker”, sê Francois Wilken, President van Vrystaat Landbou (VL).

Ons land se jong boere staan voor 'n unieke kombinasie van uitdagings. Radikale veranderende toestande in die wêreld sal hulle toenemend uitdaag om voedsel meer doeltreffend en mededingend te produseer. Dit, terwyl plaaslike toestande ook jong boere konfronteer met sosio-politieke realiteite wat hulle direk raak. “Dit is dus belangrik om jong boere aktief by landboustrukture te betrek sodat hul stem ook gehoor kan word”, sê Wilken.

Jong boere is gewoonlik die groep wat nuwe idees en produksiemetodes aan die landboubedryf bekend stel. Binne VL is 'n Jongboerkomitee spesifiek om hierdie rede tot stand gebring om 'n platform te skep waar nuwe denke en voorstelle aan die hele organisasie bekendgestel kan word. “Toekomstige leierskapskapasiteit word ook deur die jongboernetwerk gebou”, sê Wilken.

Rudo Opperman, voorsitter van die VL Jongboerkomitee, sê hulle is aktief betrokke by die strukture van georganiseerde landbou en fokus veral op die volgende projekte:

– Skoleprojek – om leerlinge en studente bewus te maak van georganiseerde landbou.

– Om Jongboere by elke VL-boerevereniging te betrek.

– Identifisering en evaluering van die Jongboer van die Jaar-kompetisie.

– Identifiseer en bespreek relevante kwessies tydens die jaarlikse VL Jongboerkonferensie.

As deel van die organisasie se jeugmaand-inisiatief sal VL se Jongboerkomitee op 24 Junie aan 'n vergadering met die Vrystaatse LUR vir Landbou deelneem. Die volgende hoofuitdagings sal ter tafel gelê word: Infrastruktuuruitdagings; toegang tot finansies en beleidsonsekerheid.

Vrystaat Landbou se jaarkongres in die eerste week van Augustus beplan ook 'n spesiale gesprek oor jongboerbemagtiging deur ontwikkeling van grondvlakstrukture om jongboerbetrokkenheid te stimuleer.