
Die wysiging van Artikel 25 van die Grondwet sal net bydra tot die ellende van Suid-Afrika. Dit was die boodskap aan die parlement deur die meer as 107 000 burgers wat deelgeneem het aan die Vrystaat Landbou (VL) se openbare veldtog om eiendomsreg te beskerm en die grondwetwysiging van Artikel 25 teen te staan.
Volgens Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou, wys hierdie ondersteuning dat die sienings van VL oor eiendomsreg 'n baie wyer steunbasis het as sy boere-lidbasis. "Dit wys dat daar 'n beduidende deel van die publiek is wat verstaan dat die ondermyning van eiendomsreg tot die ondermyning van menseregte sal lei."
VL het sy opponerende kommentaar op Vrydag 13 Augustus ingedienste aan die parlementêre komitee. Die redes waarom VL enige Grondwetlike wysiging verwerp het, sluit in:
“Om hoogs produktiewe landelike landbougrondgebaseerde bedrywighede in gevaar te stel deur voort te gaan met die voorgestelde grondwetwysigings, sal Suid-Afrika net verder in ’n ernstige ekonomiese en humanitêre krisis stoot en nie die ekonomiese vryheid vir die massas soos deur politici belowe nie,” sê Wilken.
8Plasings
4Plasings
11Plasings
9Plasings
68Plasings
31Plasings
16Plasings
18Plasings
11Plasings
4Plasings
174Plasings
14Plasings
13Plasings