
7 000 skape is sonder weiding nadat byna 30 000ha gister, 20 Mei, tydens 'n wegholveldbrand in die Boshof / Dealesville-omgewing vernietig is. Talle stukke vee en wild is ook doodgebrand.
Dr Jack Armour, kommersiële bestuurder van Vrystaat Landbou, sê die sterk wind wat Donderdag in die gebied voorgekom het, het dit moeilik gemaak om die brand te beheer. Die brand is uiteindelik omstreeks 20:00 Donderdagaand gestop.
“Ná samesprekings met die verskillende landbouverenigings kan ons bevestig dat die grootste behoeftes tans voere vir skape is vir die verskillende boere wat al hul weiding verloor het. Aangesien dit lamtyd is en baie skape gebrand is, moet spesiale formules ook vir die lammers voorsien word.” sê Armour.
Armour bevestig dat Vrystaat Landbou, in samewerking met Sernick feeds, 30 ton voerkorrels beskikbaar sal stel om onmiddellike verligting te bring. Dit sal deur die VL-kantoor geadministreer word en die toewysing van voer sal deur die plaaslike landbouverenigings aan geaffekteerde boere gekoördineer word.
’n Deeglike beoordeling van die skade en verliese sal oor die naweek gedoen word en sal volgende week tydens ’n vergadering in Boshof met geaffekteerde boere bespreek word. “Die brand het nou plaasgevind met die koms van die winter, wat beteken dat daar 'n lang seisoen voorlê vir velde wat vernietig is,” sê Armour.
Enige organisasie of individu wat 'n finansiële bydrae vir toekomstige behoeftes wil maak, kan dit deur die VL se rampfonds doen by:
Vrystaat Landbou
ABSA
Rekening nr: 470940670
Tak: 632005
Verwysing: RAMP + selnommer
Diegene wat direk aan die betrokke brandvereniging wil skenk, kan dit doen by:
Dealesville brandbeskermingsvereniging
FNB
Rekening nr: 62034338435
Tak: 241038
Verwysing: Mag brand + selnommer
8Plasings
4Plasings
11Plasings
9Plasings
68Plasings
31Plasings
16Plasings
18Plasings
4Plasings
160Plasings
10Plasings
5Plasings
Ⓒ 2025 Vrystaat Landbou Alle regte voorbehou | Webwerf deur Splinternuut