Nuus

Lidmaatskap

Vrystaat Landbou (VL) is elke lid wat kies om betrokke te raak in sy of haar plaaslike landbougemeenskap deur by ʼn aktiewe landbouvereniging aan te sluit.

Rampfonds

Help ons boere terug op hul voete

Aanpassing van Nasionale Minimumloon: Uit voeling met realiteite

deel hierdie plasing

Vrystaat Landbou (VL) neem met skok en teleurstelling kennis van die verhoging in die Nasionale Minimumloon, soos op 8 Februarie 2021 in die Staatskoerant gepubliseer.

“Die regering se besluit om die Nasionale Minimumloon met 16% aan te pas kom op 'n tyd dat dit ekonomies uiters uitdagend is om voedsel te produseer en dit lyk asof die regering uit voeling is met realiteite.” sê Francois Wilken, president van VL.

Die Nasionale Minimumloon is van R18,68 na R21,69 per uur aangepas.

“Ondanks Vrystaat Landbou en ander instansies se besware teen die voorgestelde verhoging, het aansienlike aanpassings voortgegaan, ongeag die ekonomiese uitdagings wat die land tans ervaar.” sê Wilken.

Benewens gesamentlike kommentaar het Vrystaat Landbou ook individueel beswaar gemaak teen die voorgestelde aanpassings en gewaarsku dat die aanpassings tot werkverliese kan lei. Die voorgestelde aanpassings was in sekere opsigte op aannames gegrond, aangesien inligting relevant tot die aanbevelings nie aan die Nasionale Minimumloonkommissie beskikbaar was nie. Dit blyk dat die organisasie se waarskuwing op dowe ore geval het en die erns van die huidige werkloosheidsyfer sal na alle waarskynlikheid verdere beduidende opwaartse neigings toon en gevolglik 'n negatiewe impak hê.

“Die tyd sal leer, maar hierdie ondeurdagte besluit sal boere dwing om alternatiewe in plek te stel om ekonomies te oorleef.”