Nuus

Lidmaatskap

Vrystaat Landbou (VL) is elke lid wat kies om betrokke te raak in sy of haar plaaslike landbougemeenskap deur by ʼn aktiewe landbouvereniging aan te sluit.

Rampfonds

Help ons boere terug op hul voete

Nuwe opmerkings noodsaaklik om Onteieningswetsontwerp in huidige vorm te stop

deel hierdie plasing

Lede van die publiek moet die twee wetgewende prosesse wat tans aan die gang is duidelik verstaan om 'n prinsipaal te probeer vestig dat grond vir geen vergoeding onteien kan word nie; naamlik die Onteieningswetsontwerp-proses en die Konsep Grondwet 18ste Wysigingswetsontwerp proses, om voorsiening te maak vir geen vergoeding. Vrystaat Landbou (VL) versoek nie net eienaars van plaasgrond nie, maar alle eienaars van eiendom om van die verlengde tydperk gebruik te maak vir kommentaar op die Onteieningswetsontwerp.

Volgens FSA is dit baie makliker om die beginsel van onteiening sonder vergoeding te aanvaar deur die wetgewende proses wat slegs 'n 50% meerderheid in die Parlement vereis, terwyl 'n Hoofstuk 2 Grondwetlike wysiging die ondersteuning van twee derdes van die Parlement vereis. Vandaar die belangrikheid om die Onteieningswetsontwerp in sy huidige vorm te stop.

Vrystaat Landbou is gekant teen onteiening sonder vergoeding. Die organisasie beskou die instelling van onteiening sonder vergoeding as 'n politieke en verkiesingsinstrument en nie as 'n regverdige en billike meganisme om eiendomsreg vir alle Suid-Afrikaners te verhoog en te versterk nie. Volgens die huidige prestasierekord sal voorheen benadeelde individue nie grond besit nie, maar die regering sal slegs sy eie grondeienaarskap vergroot.

Tans besit die staat 5 300 plase in Suid-Afrika. VL is van mening dat die nuwe klousule wat onder andere voorstel dat die omstandighede waarin grondonteiening sonder vergoeding “in die openbare belang” geregverdig kan word, totaal uit die Onteieningswetsontwerp verwyder word, asook enige verwysing na geen vergoeding, aangesien dit uiteindelik nie op lang termyn in die beste belang van die land wees.

Die VL aanlyn petisie gee lede van die publiek meer agtergrondinligting en die FSA-aksieplan om sekere onaanvaarbare bepalings van die huidige Wetsontwerp teë te staan, kan gevind word op https://vrystaatlandbou.co.za/stop-expropriation/. Skriftelike voorleggings kan nou tot 28 Februarie 2021 gedoen word, waarna VL sy lede sal lei om deel te neem aan die openbare verhore wat volg.