Nuus

Lidmaatskap

Vrystaat Landbou (VL) is elke lid wat kies om betrokke te raak in sy of haar plaaslike landbougemeenskap deur by ʼn aktiewe landbouvereniging aan te sluit.

Rampfonds

Help ons boere terug op hul voete

Ergste brand in jare verwoes bykans 100 00ha, sê VL

deel hierdie plasing

In 'n van die ergste brande nog hierdie seisoen en die paar jaar, is sowat 100 000 ha in die Boshof/Dealesville/Hertzogville area verwoes. Honderde stuks vee, wild en selfs huise is in die brande totaal en al verwoes.

Volgens dr Jack Armour, Operasionele bestuurder van Vrystaat Landbou (VL), is van die brande deur betogers gestig wat blykbaar oor swak dienslewering betoog het. Die erge hitte en sterk wind wat die naweek in die Vrystaat geheers het, het die situasie ook verder bemoeilik.

“Beeste het in sommige situasies se plek ver gehardloop om van die vuur te ontsnap.”, sê Armour. “Alhoewel daar geen lewensverlies was nie, is ons bewus van boere wat ernstige brandwonde opgedoen het en ons wens hulle ’n spoedige en vinnige herstel toe.”

Vrystaat Landbou is besig om met behulp van ons grondvlakstrukture 'n opname te maak van die skade, maar op hierdie stadion blyk dit dat veral voerskenkings 'n ernstige behoefte is.

Armour het bevestig dat die brande tans onder beheer is, maar veral die Wes-Vrystaat bly steeds 'n risiko weens die hittegolf wat heers.

“Vrystaat Landbou verwelkom dat die SAPD-reeds 'n saak van brandstigtingsondersoeke en beskuldigdes geskied is. Ons kan nie toelaat dat boere en plaaswerkers se lewens verder op risiko geplaas word in die huidige omstandighede as gevolg van kriminele gevolg, soos brandstigting, nie.”, sê Armor

VL bevestig dat hulle R100 000 uit hul Rampfonds beskikbaar sal wees vir brandstof van vervoerskenkings. Dit sal deur die VL-kantoor geadministreer word en allokering van skenkings sal deur die plaaslike landbouverenigings aan geaffekteerde boere gekoördineer word.

VL doen 'n beroep op enige instansie van individuele wat betrokke wil raak, om Elize Spence by VL- kantoor te kontak by elize@vslandbou.co.za of 051 444 4609. Finansiële bydraes kan word gemaak
aan VL se rampfonds deur: Vrystaat Landbou ABSA
Rekeningnr: 470940670
Takkode: 632005
Verwysing: RAMP+ selnommer

Media navrae: Francois Wilken, VL president 083 390 1831 van Jack Armour, VL Operasionele bestuurder, 071 672 0271 / jack@vslandbou.co.za