Nuus

Lidmaatskap

Vrystaat Landbou (VL) is elke lid wat kies om betrokke te raak in sy of haar plaaslike landbougemeenskap deur by ʼn aktiewe landbouvereniging aan te sluit.

Rampfonds

Help ons boere terug op hul voete

Finale Openbare verhore oor die Onteieningswetsontwerp

deel hierdie plasing

Hierdie week vind die openbare verhore van die Portefeulje komitee vir Infrastruktuur ontwikkeling oor die Onteieningswetsontwerp plaas.

ONS STANDPUNT

Ons kan nie die insluiting van 'nul vergoeding' ondersteun nie.

Vandag se boere is nie alleen verantwoordelik vir historiese gebeure nie en kan nie verplig word om die las te dra om onteiening buite verhouding aan te spreek nie – dit is 'n kollektiewe verantwoordelikheid.

Die spook om die onteiening van grond met 'nul vergoeding' in te voer is onregverdig op die beste van tye sowel as irrasioneel en onverantwoordelik in 'n tyd waarin ons land uitroep vir investering, ekonomiese groei, werkskepping, armoedeverligting en die skepping van 'n regverdige en billike samelewing.

Ons glo dat die definisie geskrap moet word. Dit sal die howe in staat stel om elke saak op sy eie meriete te hanteer. Alternatiewelik moet die definisie wyd genoeg wees om alle vorme van onteiening wat internasionaal erken word, in te sluit. Die uitsluiting van ernstige statutêre beperkings op die gebruik van eiendom van die konsep van onteiening kan 'n negatiewe impak op beleggersvertroue en die groei van ons ekonomie hê.

  • Klousules 12(3) en 12(4) wat voorsiening maak vir die moontlikheid van geen vergoeding

Ons glo dat indien en waar onteiening geregverdig is:

• Dit moet deur almal as 'n regverdige en deursigtige proses beskou word;

• Voorsorgmaatreëls moet in plek wees om die misbruik van mag te voorkom;

• Grondeienaars moet vinnige, voldoende en doeltreffende vergoeding ontvang wat  

            hulle sal toelaat om nuut te begin – hulle moet nie slegter daaraan toe wees as gevolg van die onteiening nie;    

            en dat

• Die volle koste van onteiening moet deur die fiskus gedra word.

Daarom sal Vrystaat Landbou namens ons lede by die openbare verhore teenwoordig wees, want ons kan nie die Onteieningswetsontwerp in sy huidige vorm ondersteun nie.

Die datums en plekke van openbare verhore kan besigtig word hier