Nuus

Lidmaatskap

Vrystaat Landbou (VL) is elke lid wat kies om betrokke te raak in sy of haar plaaslike landbougemeenskap deur by ʼn aktiewe landbouvereniging aan te sluit.

Rampfonds

Help ons boere terug op hul voete

VL stuur duidelike boodskap uit na vrystelling van paneelverslag oor eiendomsreg

deel hierdie plasing

31 Julie 2019

“Vrystaat Landbou (VL) sal voortgaan om, saam met ander belangegroepe, enige grondwetwysigings teen te staan wat die deur kan oopmaak vir prosedures buite die remedies wat reeds in die Grondwet van Suid-Afrika beskikbaar is.” Dit is die boodskap van Francois Wilken, president van VL, aan lede van sy organisasie en die landbousektor nadat die finale verslag van die Presidensiële Adviespaneel oor Grondhervorming en Landbou vrygestel is.

Volgens Wilken bly VL gekant teen onteiening sonder vergoeding (EWK) en kwessies daaromtrent sal ook bespreek word by die jaarlikse VL-kongres, wat op 7 en 8 Augustus 2019 in Bloemfontein plaasvind. "Ons deel die siening dat die wysiging van Artikel 25 van die Grondwet onnodig is en die gepaardgaande risiko's verder sal verhoog in soverre dit die beskerming van eiendomsreg betref," sê Wilken. Die langverwagte paneelverslag en 'n alternatiewe verslag wat die rol van die private sektor beklemtoon, wat deur president Cyril Ramaphosa erken is, is op 28 Julie 2019 vrygestel.

“Verder is ons van mening dat sou die regering voortgaan met hierdie beoogde proses, die resultate om die minste te sê katastrofies sal wees,” sê Wilken. “As daar nie boere is om die kos te produseer nie, wie sal kos hê om te stem vir die politici wat hierdie ondeurdagte plan dryf? Geen boere is gelyk aan geen kos nie!”

Die sake van die grondwetlike imperatief vir grondhervorming, landbousektor-transformasie en hoe die EWC-narratief 'n uiters komplekse kwessie gemonopoliseer het, is alles op die agenda by die komende VL-kongres.

Prof Danie Brand, Direkteur by die Sentrum vir Menseregte aan die Universiteit van die Vrystaat, is 'n grondwetkenner en sal by die kongres praat oor die prosesse van onteiening en hoe die proses vir EWC gaan lyk as grondwetlike veranderings aangebring gaan word. Dr Frans Cronje, Hoof Uitvoerende Beampte van die Instituut vir Rasseverhoudinge, sal op sy beurt die feite gee van wat kan gebeur as EWC in verskeie vorme toegelaat word.

VL beskou ook die mosie in die parlement, wat op 25 Julie 2019 aangekondig is, as ’n direkte aanval op eiendomsreg. Wilken meen dit wys, ondanks al die rampspoedige gevolge, dat die regerende party steeds duidelik wil voortgaan met die skadelike wysiging aan die grondwet, ondanks al die rampspoedige gevolge.

Volgens hom bly VL verbind tot die volhoubaarheid van landbou in Suid-Afrika. “Ons wil dit duidelik stel dat Vrystaat Landbou alles in sy vermoë sal doen om die regte van sy lede en boere te beskerm deur enige wysiging van die grondwet teë te staan.”