Nuus
deel hierdie plasing
Facebook
Linkedin
Twitter
WhatsApp
Telegram
Facebook
“Die EFF se oproep om alle grond onder toesig van die staat te plaas, is niks anders as nasionalisering nie en moet met alle middele teengestaan en gekeer word.” Dit is die reaksie van Vrystaat Landbou (VL) op die voorstel dat die konsepwetsontwerp om artikel 25 van die Grondwet te wysig hersien moet word om 'staatsvoogdyskap' in te sluit.
Die onlangse versoek om uitstel deur die komitee wat getaak is om die Grondwet te wysig om Onteiening sonder Vergoeding duidelik te stipuleer en hul verslag te finaliseer, bevestig die rede vir die sterk standpunt wat Vrystaat Landbou (VL) met ons Stop Onteiening-veldtog inneem!
“Staatsbewaring sal die staat die mag gee om die land se grond sonder enige vergoeding te nasionaliseer.” sê Francois Wilken, president van VL. “Dit is nie net teen die beste praktyke van internasionale reg nie, maar sal ook die ondergang van ons ekonomie en by implikasie die land as geheel beteken! Dit is die grootste denkbare bedreiging vir voedselsekerheid en sal ook ons land se ekonomie heeltemal vernietig, aangesien geen belegger Suid-Afrika sal oorweeg nie.”
Wilken noem dat op 'n redelik onlangse VL-kongres die mandaat baie duidelik deur sy lede aan VL gegee is dat "niemand sal grond van enige boer vat sonder billike vergoeding daarvoor nie“. Vrystaat Landbou sal dit dus in alle opsigte teëstaan.
Volgens Wilken “sal ons alles in die stryd werp om dit te stop – ons moet nou die werklikheid in die oë kyk.”
Onlangse Nuus
Veldtogte
8Plasings
Ekonomiese verslae - 2019
4Plasings
Mediavrystellings - 2020
11Plasings
Mediavrystellings – 2019
9Plasings
Mediavrystellings 2021
68Plasings
Mediavrystellings 2022
31Plasings
Mediavrystellings 2023
16Plasings
Mediavrystellings 2024
5Plasings
Nuus
138Plasings
Nuusbriewe
1Plasings
Ongekategoriseer
2Plasings
Bly op datum met Vrystaat Landbou
SLUIT AAN BY ONS NUUSBRIEF
Ons borge
Ⓒ 2024 Vrystaat Landbou Alle regte voorbehou | Webwerf deur Splinternuut