Nuus

Lidmaatskap

Vrystaat Landbou (VL) is elke lid wat kies om betrokke te raak in sy of haar plaaslike landbougemeenskap deur by ʼn aktiewe landbouvereniging aan te sluit.

Rampfonds

Help ons boere terug op hul voete

VL Jongboer van die Jaar wenner 'n ware heer

deel hierdie plasing

Harde werk, aandag aan detail en ’n sterk geloof is die pilare waarop Vrystaat Landbou se nuwe Jongboer van die Jaar sy boerdery bou.

Doug Osler (39) van die plaas Fourieshoek in die Fouriesburg-omgewing, is gisteraand, 13 April 2021 tydens 'n klein funksie as Vrystaat Landbou se 25ste Jongboer van die Jaar aangewys. Osler, wat die afgelope 16 in 'n familie-onderneming boer. jaar en waarin hy 25%-aandeelhouding het, glo dat uitdagings en terugslae as 'n leerkurwe dien en dat dit ook bydra tot die ervaring wat hy as 'n 'unieke beroepskeuse' beskryf.

Osler sê hy is hoofsaaklik verantwoordelik vir die appelonderneming en pakhuis van Lone Tree Farms. Benewens sy betrokkenheid by die georganiseerde landbou as lid van die Fouriesburg Landbouvereniging, is Osler ook voorsitter van Hoëveld Vrugteprodusente en dien ook as direkteur op die Hortgro Pome-produsenteraad.

Die pa van twee glo daaraan om 'n werksomgewing te skep waarin almal bereid is om te help, te leer en te groei. Volgens hom is wedersydse respek vir mekaar die kernfaktor. Dit is ook vir hom belangrik om sy werknemers by te staan met probleme, hetsy werksverwante of persoonlik.

Osler stap onder meer weg met ’n kontantprys van Vrystaat Landbou en geskenkbewyse van Kynoch en Splinternuwe SA. Hy dring ook outomaties deur na Toyota SA / Agri SA Jongboer van die Jaar.

Volgens prof Pieter Fourie, sameroeper van die beoordelaars en Hoof van die Departement Landbou aan die Sentrale Universiteit vir Tegnologie (SUT), word deelnemers beoordeel op onder meer toekomsvisie, begroting en finansies, produksie, bemarking, instandhouding, personeelbestuur en gemeenskap. betrokkenheid.