
Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou (VL) het vandag gewaarsku dat die toename in beurtkrag voedselproduksie ondermyn. Volgens Wilken is die organisasie se lede ernstig bekommerd oor die impak van beurtkrag op boere se produksievermoë. “Die verskaffing van betroubare elektrisiteit is krities in elke faset van die landboubedryf. Vlak 6-beurtkrag veroorsaak egter dat landbou-aktiwiteite vir groot dele van die dag tot stilstand gebring word”, het Wilken gesê.
Vrystaat Landbou glo swart bemagtigingswette, vakbonde en burokratiese beperkings is die rede vir die voortslepende krisis:
Die uitwerking van die kragkrisis op die land se vermoë om voldoende en bekostigbare voedsel te produseer en die impak daarvan op werkskepping is twee kritieke faktore wat Suid-Afrika nader aan 'n mespunt van anargie beweeg. Dit bedreig veel meer as net die landbou in Suid-Afrika.
Vrystaat Landbou doen vanmiddag 'n voorlegging aan NERSA in opposisie teen ESKOM se 32%-prysverhogingsversoek om vanaf 1 April 2023 te begin implementeer.
8Plasings
4Plasings
11Plasings
9Plasings
68Plasings
31Plasings
16Plasings
18Plasings
10Plasings
168Plasings
12Plasings
11Plasings