Nuus

Lidmaatskap

Vrystaat Landbou (VL) is elke lid wat kies om betrokke te raak in sy of haar plaaslike landbougemeenskap deur by ʼn aktiewe landbouvereniging aan te sluit.

Rampfonds

Help ons boere terug op hul voete

Eiendomsreg onder ernstige bedreiging – FSA

deel hierdie plasing

“Eiendomsreg word bedreig en die regering stoom steeds voort op ’n ideologiese pad, ongeag al die uitdagings wat die land in die gesig staar.”

Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou (VL), het sy organisasie se teleurstelling en kommer uitgespreek oor die nuus dat die Nasionale Vergadering (NV) ten gunste van die omstrede Onteieningswetsontwerp gestem het.

“Ons waarsku al geruime tyd dat die aanvaarding van hierdie Onteieningswetsontwerp in sy huidige vorm die weg sal baan vir verdere korrupsie op ’n skaal wat Suid-Afrika nog nie gesien het nie. Druk deur die regering om verdere mag te verkry om bates sonder vergoeding te onteien gaan die land nog verder in die moeilikheid bring, die huidige elektrisiteitskrisis asook die bek-en-klouseer-uitbreking in onder meer die Vrystaat is reeds aansienlik uitdagings wat ernstige gevolge vir voedselsekerheid inhou.”

Klousules wat tydens openbare deelnameprosesse deur georganiseerde landbou, opposisiepartye en die burgerlike samelewing geopper is, is steeds rede tot kommer in die problematiese bepalings van die wetsontwerp.

Volgens Gernie Botha, hoof uitvoerende beampte van VL, lê die omstredenheid van die wetsontwerp steeds in die definisie van onteiening en verder skep die bepalings rakende geen vergoeding asook die geleentheid vir misbruik aansienlike gevare veral vir grondeienaars.