Nuus

Lidmaatskap

Vrystaat Landbou (VL) is elke lid wat kies om betrokke te raak in sy of haar plaaslike landbougemeenskap deur by ʼn aktiewe landbouvereniging aan te sluit.

Rampfonds

Help ons boere terug op hul voete

Saaddiefstal 'n groeiende misdaad in Vrystaat

deel hierdie plasing

Dit wil voorkom of daar 'n opkomende tendens in die Vrystaat is, waar groot hoeveelhede saad gesteel word.

Dr Jane Buys, veiligheidsrisiko-ontleder van Vrystaat Landbou (VL), noem dat drie voorvalle verlede week onderskeidelik in Bothaville, Reitz en Fouriesburg plaasgevind het. ’n Inhegtenisneming in die saak wat in Bothaville plaasgevind het, is in Reitz uitgevoer.

“Ons het reeds boeregemeenskappe gewaarsku om versigtig en paraat te wees om verdagte bewegings op te tel, veral met betrekking tot verdagte voertuie en mense op plase. Groot hoeveelhede saad word op een slag gesteel en moet dus met 'n klein vragmotor of 'n bakkie met 'n kar na 'n verkoopsarea/mark vervoer word, gegewe die hoeveelheid saad wat op een slag gesteel word.” Buys voeg by dat dit nie net een of vyf sakke is nie, “maar honderde sakke saad wat op een slag gesteel word, waarvan die waarde duisende rande beloop.”

In die Steynsrus-saak wat in Augustus plaasgevind het, is miljoene rande se saad gesteel.

“As sulke groot verliese eers plaasvind, en waar meer as een voertuig betrokke is, hou dit verband met georganiseerde misdaad. Dit wil dus voorkom asof daar ook ’n verskeidenheid misdadigers hierby betrokke is, bv. ’n bestuurder van ’n voertuig, draers van die saad, ens.” Buys gesê.

Jakkals le Roux, Voorsitter van VL se Landelike Veiligheidskomitee, noem dat dit in hierdie stadium lyk asof ander gebiede in die Noord-Vrystaat ook geteiken word en dat 'n groep oor provinsiale grense bedrywig is. Hy sê die misdade kan selfs verband hou met ander misdade wat tans ondersoek word.

Vrystaat Landbou moedig boere en landbougemeenskappe aan om alle sake by die polisie aan te meld, sodat ’n tendens of patroon vasgestel kan word. Rapportering dra daartoe by dat sake/voorvalle met betrekking tot modus operandi moontlik met mekaar en ander misdade verbind kan word (koppelingsanalise), en dat wanneer 'n tendens/patroon bepaal word, die OCTA (Organized Crime Threat Analysis) proses gestel kan word tot aksie oor die doeltreffende ondersoek van die misdaad in 'n sekere gebied.

Le Roux voeg by dat dit ook belangrik is dat boere en landbougemeenskappe moet verseker dat hul werkers of nuwe werkers wat in diens geneem word, onderwerp word aan 'n veiligheidskeuringsproses om te verseker dat hulle nie misdadigers in hul midde het of in diens neem wat by misdaad betrokke kan wees nie. . Verder is dit ook noodsaaklik om inligting van werkers oor moontlike verdagte beweging in 'n gebied in te samel, waarna die inligting aan die polisie oorhandig moet word.