
Vrystaat Landbou (VL) is versigtig optimisties oor die onlangse aankondiging deur mnr William Bulwane, Vrystaatse LUR vir polisie, paaie en vervoer dat 'miljoene bewillig is vir die herstel van gehawende paaie in die Vrystaat'.
Francois Wilken, president van VL, sê die organisasie het verskeie kere met die LUR vergader en geskryf om optrede te eis. Uiteindelik, in Mei 2022, het VL die Premier, me Sisi Ntombela, 'n memorandum voorgelê waarin VL die provinsiale regering se onmiddellike optrede op paaie regoor die provinsie eis.
“Hierdie aankondiging is die resultaat van volgehoue openbare druk deur ons organisasie. Dade spreek egter harder as woorde en ons sal die vordering krities monitor.” sê Wilken.
Dit bly egter onduidelik wanneer die nodige herstelwerk aan die provinsie se padinfrastruktuur sal begin. “Die risiko is tans dat 'n goeie reënseisoen oor die vakansietyd verdere skade aan die Vrystaat se padnetwerk sal aanrig nog voordat die aanvanklike skade herstel kon word”.
Alle oë moet nou op mnr William Bulwane wees om te verseker dat die kritieke lys paaie herstel word. “Ons hoop is dat die provinsiale administrasie sal verseker dat die toegekende fondse reg aangewend sal word en nie sal 'verdwyn' nie”, sê Wilken.
Vrystaat Landbou sal voortgaan om verdere druk op die Provinsiale regering te plaas om ook die ander paaie in die provinsie te herstel.
8Plasings
4Plasings
11Plasings
9Plasings
68Plasings
31Plasings
16Plasings
18Plasings
11Plasings
169Plasings
12Plasings
12Plasings