Nuus

Lidmaatskap

Vrystaat Landbou (VL) is elke lid wat kies om betrokke te raak in sy of haar plaaslike landbougemeenskap deur by ʼn aktiewe landbouvereniging aan te sluit.

Rampfonds

Help ons boere terug op hul voete

Gaan VS paaie voor die komende reënseisoen herstel word?

Close up of a road in very bad condition with big potholes full of dirty rain water pools
Close up of a road in very bad condition with big potholes full of dirty rain water pools

deel hierdie plasing

Vrystaat Landbou (VL) is versigtig optimisties oor die onlangse aankondiging deur mnr William Bulwane, Vrystaatse LUR vir polisie, paaie en vervoer dat 'miljoene bewillig is vir die herstel van gehawende paaie in die Vrystaat'.

Francois Wilken, president van VL, sê die organisasie het verskeie kere met die LUR vergader en geskryf om optrede te eis. Uiteindelik, in Mei 2022, het VL die Premier, me Sisi Ntombela, 'n memorandum voorgelê waarin VL die provinsiale regering se onmiddellike optrede op paaie regoor die provinsie eis.

“Hierdie aankondiging is die resultaat van volgehoue openbare druk deur ons organisasie. Dade spreek egter harder as woorde en ons sal die vordering krities monitor.” sê Wilken.

Dit bly egter onduidelik wanneer die nodige herstelwerk aan die provinsie se padinfrastruktuur sal begin. “Die risiko is tans dat 'n goeie reënseisoen oor die vakansietyd verdere skade aan die Vrystaat se padnetwerk sal aanrig nog voordat die aanvanklike skade herstel kon word”.

Alle oë moet nou op mnr William Bulwane wees om te verseker dat die kritieke lys paaie herstel word. “Ons hoop is dat die provinsiale administrasie sal verseker dat die toegekende fondse reg aangewend sal word en nie sal 'verdwyn' nie”, sê Wilken.

Vrystaat Landbou sal voortgaan om verdere druk op die Provinsiale regering te plaas om ook die ander paaie in die provinsie te herstel.