Nuus

Lidmaatskap

Vrystaat Landbou (VL) is elke lid wat kies om betrokke te raak in sy of haar plaaslike landbougemeenskap deur by ʼn aktiewe landbouvereniging aan te sluit.

Rampfonds

Help ons boere terug op hul voete

Minister se erkenning tot tekortkominge in Gronddepartement kommerwekkend

deel hierdie plasing

Die 2019/2020-verslag van die ouditeur-generaal toon eise van meer as R2 miljard wat teen die departement van landbou, landelike ontwikkeling en grondhervorming (DARDLR) ingestel word vir die uitsetting van boere uit hul winsgewende boerdery-ondernemings deur onbevoegde amptenare. Dit het minister Didiza onlangs in die Parlement erken. Dit hou basies verband met staatsonteiening sonder vergoeding van nuwe swart kommersiële boere op staatsgrond.

Minister Didiza het verlede week Dinsdag verder in die parlement erken dat haar amptenare sukkel om die massiewe eiendomsportefeulje van plase onder staatsbeheer te bestuur. Die herverdelingsplan van 700 000 ha was slegs vir grond wat die staat gedink het ledig lê, maar natuurlik boere daarop gehad het en geboer het, sommige suksesvol. Die staat het geen feitelike hertelling van wie grond in Suid-Afrika besit nie. Daar is geen deursigtige prentjie oor grondtoegang vir Suid-Afrika nie.

Wat duidelik blyk uit studies wat deur die IRR gedoen is, is dat die meeste landsburgers nie in grond vir boerdery belangstel nie, maar in werk, onderwys en veiligheid. “Ons vrese word bevestig en dit is baie kommerwekkend dat minister Didiza erken die ramptoestand van die nasionale departement wat die taak is om grond in ons land te bestuur en die tekortkominge in hierdie departement. Dit ten spyte van die minister en regerings se druk om voort te gaan met grondonteiening”, het Francois Wilken, Vrystaat Landbou (VL) se president, gesê.

Wilken sê dat VL se Stop Onteiening-veldtog dit baie duidelik gemaak het dat as die staat ernstig is oor werklike landbousektor inklusiewe groei en grondhervorming in die “openbare belang” dit die 5 500 staatsplase in private voltitelbesit sal vrystel. Dit sê hy is nie deur bloot titelaktes te oorhandig nie, maar:
1. Deur hoogs gesubsidieerde krediet, beperk per individu vir die werklik ernstige nuwe boer om hulle in staat te stel om 'n plaas by die staat of op die ope mark te koop.
2. Ook noodsaaklik in die plan vir sukses, sê Wilken, is “opleiding en 'n geskikte ondersteuningstruktuur om hierdie nuwe kommersiële boere te help om kommersiële sukses te behaal.
a. Dit sluit besigheids- (arbeid en finansiële) bestuursopleiding en finansiële mentorskap in.
b. Tans is dit die banke, agri-besighede en kommoditeitsverenigings wat 'n span vorm wat suksesvolle nuwe kommersiële boere ondersteun. Hulle betrek ook ervare kommersiële boere as mentors.
3. Om te verseker dat die regte begunstigdes toegang tot die grond kry en nie die mislukte Militêre Veteraan-, Vroue- en Jeugtoekenningsideologie volg nie, maar om seker te maak dat alle aansoekers suksesvol kan en sal kan boer voordat 'n lening uitgereik word. 4. Om die ruimte oop te maak vir plaaswerkers as eienaars van nuwe grond of as aandeelhouers om ook aansoek te doen vir hierdie lenings en dat hul ekwivalente grondaandeel ook in die grondoudit gedokumenteer moet word solank hulle in die raamwerk vir sukses hierbo pas.

VL sien daarna uit om die DARDLR te help om die bemagtigende omgewing vir werklike landbousektorgroei en grondhervorming in die beste “openbare belang” te help skep.