
’n Waarnemende polisiestasiebevelvoerder en sy makker, ’n voorheen veroordeelde veedief, het op 24 Maart in die Frankfort-hof verskyn op aanklag van veediefstal. Die mans is Maandag, 22 Maart op heterdaad betrap terwyl hulle vyf skape op Danie Muller se plaas gesteel het.
Deon van der Watt, streekverteenwoordiger van Vrystaat Landbou (VL) en boer in die Tweeling / Frankfort-omgewing, het bevestig dat sowat 65 boere van die omgewing op 24 Maart buite die hof ontmoet het waar die twee mans op aanklag van veediefstal verskyn het. Volgens Van der Watt het die boere die staatsaanklaer voor die hofverrigtinge ingelig dat hulle die borgtogverrigtinge sal bywoon.
Dr Jane Buys, Veiligheidsrisiko-ontleder by VL, sê veediefstal en polisiekorrupsie is 'n wesenlike probleem in die landbou wat al jare lank problematies is. Buys het bevestig dat VL reeds in Oktober 2020 die Minister van Polisie, mnr Bheki Cele, versoek het om taakspanne saam te stel om polisiebetrokkenheid by veediefstalsindikate en plaasaanvalle te bepaal en te ondersoek.
Die twee verdagtes bly in aanhouding en sal weer op Woensdag 31 Maart in die hof verskyn. VL beplan om die hofverskyning by te woon en te versoek dat die staat borg teenstaan, gebaseer op inligting en statistieke wat aan FSA bekend is.
8Plasings
4Plasings
11Plasings
9Plasings
68Plasings
31Plasings
16Plasings
18Plasings
4Plasings
160Plasings
10Plasings
5Plasings
Ⓒ 2025 Vrystaat Landbou Alle regte voorbehou | Webwerf deur Splinternuut