
• 241 skape en 98 beeste ter waarde van R1,5 miljoen is teruggevind
• 14 arrestasies in 6 veediefstalsake is uitgevoer
• Beslag gelê op 4 voertuie en 1 sleepwa
Dit is drie van die vele suksesse wat Vrystaat Landbou (VL) en LGV se PSIRA-geregistreerde Private Veediefstal Ondersoekers-inisiatief in die eerste 4 maande behaal het.
Volgens Jakkals le Roux, voorsitter van Vrystaat Landbou se Landelike Veiligheidskomitee, het die Private Veediefstal Ondersoekers-inisiatief op 1 Julie 2023 afgeskop. “Die inisiatief is begin omdat gevalle van veediefstal onaanvaarbare vlakke bereik het. Dit het duidelik geword dat 'n gemeenskapsinisiatief nodig gaan wees om dinge te help omkeer.”
Die Private Veediefstal Ondersoekers bestaan uit PSIRA geregistreerde privaat ondersoekers wat fokus op veediefstal. Hulle werk tans onder leiding van Vrystaat Landbou (VL) en die private sekuriteitsmaatskappy LGV in die Fezile Dabe-distrik. Dit is 'n gebied van ongeveer 20 668 km² wat strek van Steynsrus tot Sasolburg en van Viljoenskroon tot Frankfort.
Volgens le Roux is baie inligting die afgelope drie maande ingesamel rakende die verskuiwing en hervestiging van vermoedelik gesteelde vee en waarnemingsdienste is op 'n gereelde en deurlopende basis uitgevoer, veral in die grensgebied met Gauteng. Le Roux noem verder dat die uitbreiding van die private ondersoekers ook tans in 'n verskeidenheid dorpe aan die gang is, veral dié naby of langs die RSA/Lesotho-grens.
Verder bevestig Le Roux ook dat, in samewerking met die speurders, tans 24 ondersoekdossiere en 26 werklike dossiere/sake ondersoek word wat verband hou met die aktiwiteite van sekere groepe en sindikate. "Vrystaat Landbou het ook 'n samewerkingsooreenkoms met die instelling National Crime Assist (NCA) aangegaan om groter samewerking te bewerkstellig om veediefstal aan te spreek".
Dr. Jane Buys, Veiligheidsrisiko-ontleder van VL, het beklemtoon dat die ondersoekers saam met die SAPD werk. Dr Buys het bygevoeg dat die inisiatief deur VL en gemeenskapslede gefinansier word. “Die grootste uitgawes wat aangegaan word, is die reiskoste en daaglikse fooie van ondersoekers. Dit beteken dat hierdie inisiatief relatief maklik uitgebrei kan word namate openbare steun vir die inisiatief toeneem”.
8Plasings
4Plasings
11Plasings
9Plasings
68Plasings
31Plasings
16Plasings
18Plasings
4Plasings
160Plasings
10Plasings
5Plasings
Ⓒ 2025 Vrystaat Landbou Alle regte voorbehou | Webwerf deur Splinternuut