Nuus

Lidmaatskap

Vrystaat Landbou (VL) is elke lid wat kies om betrokke te raak in sy of haar plaaslike landbougemeenskap deur by ʼn aktiewe landbouvereniging aan te sluit.

Rampfonds

Help ons boere terug op hul voete

Rasseklassifikasie in Waterregte: 'n Menseregteskending

deel hierdie plasing

Die rasseklassifikasie vir waterregte is ’n aanval op menseregte, sê Vrystaat Landbou.

Beide die Grondwet en die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) beskou die reg op water as 'n fundamentele en basiese mensereg. Die MRK beskryf die reg op water as nou gekoppel aan alle ander basiese regte soos die reg op lewe, waardigheid, voedsel en gesondheid.

Nie een van hierdie regte is onderhewig aan 'n persoon se ras nie. Tog blyk dit dat die Departement van Water en Sanitasie poog om deur nuwe waterlisensieregulasies ras as 'n primêre voorvereiste vir toegang tot water te vestig.

“Die implikasie van die nuwe regulasies sal wees dat ’n boer in sekere opsigte vir waterregte gediskwalifiseer kan word, nie op grond van waterbeskikbaarheid of bestuurspraktyke nie, maar op grond van velkleur.” sê Kempen Nel, voorsitter van Vrystaat Landbou (VL) se Komitee vir Natuurlike Hulpbronne en Kommersiële Sake.

“Besproeiingsboere verskaf 25% van alle landbouprodukte in Suid-Afrika. Min indien enige van hierdie boere gaan hul eienaarskap prysgee. Gaan die staat hierdie boere verbied om voedsel te produseer?”

Francois Wilken, president van VL, meen soos met mineraaltenders en aandeelhouding wil die regering waterregte gebruik om beheer oor die landboubedryf te kry. "Goud, steenkool en tenders is nie noodsaaklik vir oorlewing nie, maar water is!"

Daarom, meen VL, verteenwoordig hierdie regulasies ’n nuwe wending: As die regering rassekriteria vir besproeiingswater mag gebruik, is dit nie onmoontlik vir die staat om later rassekriteria vir ander vorme van watergebruik in te stel nie. “Boere gebruik water om kwaliteit kos vir die land se mense te kweek. Dit blyk dat die staat waterregulering vir ’n rasgedrewe agenda wil gebruik.” Wilken gesê.

Alhoewel die regeringsbeleid min impak op werklike bemagtiging en samewerking tussen gemeenskappe het, is daar baie gevalle van suksesvolle samewerking tussen ou en nuwe/opkomende boere en hul plaaswerkers sonder regeringsinmenging. Vrystaat Landbou sal hierdie inisiatiewe ondersteun en ontwikkel en die sinnelose regulasies verwerp.