Nuus

Lidmaatskap

Vrystaat Landbou (VL) is elke lid wat kies om betrokke te raak in sy of haar plaaslike landbougemeenskap deur by ʼn aktiewe landbouvereniging aan te sluit.

Rampfonds

Help ons boere terug op hul voete

Stel eise teen slegte paaie en verliese

deel hierdie plasing

Gemeenskapslede van regoor die Vrystaat is woedend na nog 'n motorongeluk op die R103 tussen Warden en Vrede waarin 'n jong onderwyser en twee vragmotor-insittendes verlede Vrydag dood is.

“Die regering se arrogante en onverskillige houding kan nie langer geduld word nie. Hoeveel lewens moet nog verloor word voordat die regering optree? ” sê Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou.

Wilken meen die departement van paaie moet verantwoordelik gehou word vir die ongelukke, weens die nalatigheid om die paaie voldoende in stand te hou en te herstel waar nodig.

Volgens Johann du Toit, ’n skoolhoof in die Memel-omgewing en een van die eerste mense op die toneel waartydens die drie mense verlede Vrydag dood is, is die gemeenskappe van Memel, Warden en Vrede moeg gesels.

’n WhatsApp-groep onder leiding van Du Toit skets die storie van die gemeenskappe se vrees om die paaie te gebruik en duisende rande se skade aan voertuie weens die verskriklike verval. Die drie gemeenskappe is besig om ’n komitee saam te stel wat verskeie aksies, soos ’n petisie, sal bespreek om optrede van die departement te eis.

Intussen moedig Francois Wilken die publiek aan om van die eisprosedure gebruik te maak en eisvorm vir skade aan 'n motorvoertuig, soos verskaf deur die Departement van Paaie. Hy versoek ook dat 'n afskrif van die voltooide dokument na indiening by die departement aan Vrystaat Landbou by info@vslandbou.co.za gestuur word vir rekorddoeleindes.

“Ons kan nie net agteroor sit en dinge aanvaar soos dit is en stilbly nie. Dit is lankal tyd dat die regering kennis neem van gemeenskappe se ongelukkigheid. Ons sal aanhou druk plaas totdat daar resultate is.”