Nuus

Lidmaatskap

Vrystaat Landbou (VL) is elke lid wat kies om betrokke te raak in sy of haar plaaslike landbougemeenskap deur by ʼn aktiewe landbouvereniging aan te sluit.

Rampfonds

Help ons boere terug op hul voete

Staat gaan onteiende grond aan MK-veterane gee

deel hierdie plasing

“Dit is niks meer as ’n herhaling van Zimbabwiese grondbeleid nie.” Dit was die reaksie van Vrystaat Landbou (VL) nadat die voormalige Minister van Landbou, Tina Joemat-Pettersson, Woensdag tydens die staatsrededebat aangekondig het dat MK-veterane onteiende plase gaan ontvang.

“Die regering kan sterk teenkanting van Vrystaat Landbou verwag. Hierdie verklaring bevestig dat die bona fides van die nuwe Onteieningswet verdag is”, sê Francois Wilken, President van Vrystaat Landbou.

Met dié stelling het die regerende party hul Zimbabwe-rok uitgehang: Vir die landbougemeenskap bevestig dit die groeiende risiko dat die staat 'n Zimbabwe-benadering tot grondbesit sal volg. Ironies genoeg speel grondherverdeling, restitusie en grondhervorming geen rol in sulke besluite nie. Dit beteken dat grondeienaarskap en politieke assosiasie deurslaggewend sal wees en daar is reeds voorbeelde hiervan”, het Wilken gesê.

In ’n onlangse voorval is Ivan Cloete van die Wes-Kaap deur staatsamptenare ingelig dat hy sy staatshuurplaas moet verlaat omdat ’n MK-veteraan die plaas sal ontvang. Dit is die derde keer dat die staat 'n plaas van Cloete wegneem, ten spyte daarvan dat hy elke plaas suksesvol bestuur het.

Volgens gerugte is Cloete deur staatsamptenare geïntimideer en geteister. Die groep staatsamptenare het hom met onwettige uitsetting gedreig as hy nie dadelik die plaas oorgee en vertrek nie.

Verlede jaar is gepoog om David Rakgase van sy plaas te ontneem nadat hy sy plaas sedert 1991 by die staat gehuur het. Rakgase kon later die grond in Junie 2020 koop, nadat die hooggeregshof in Pretoria beslis het dat die regering se onvermoë om die plaas aan hom verkoop was ongrondwetlik. Rakgase wag egter sedertdien op sy titelakte, terwyl die staat weer sy grond uitgewys het as staatsgrond wat aan ander beskikbaar gestel sal word.

Volgens Wilken sal onteiening sonder vergoeding ’n misbruik van politieke mag wees. Soos die saak tans ontvou, blyk dit dat die staat die finale besluitnemingsreg wil hê oor wie eiendom mag besit. Waar individuele eiendom vernietig word, word menseregte geskend – net soos in Zimbabwe.

Enigiemand wat die Wysigingswet op Onteiening wil opponeer, kan hul insette op Vrystaat Landbou se webwerf (https://vrystaatlandbou.co.za/stop-expropriation/). Hierdie insette sal aan die parlement oorhandig word.