
“'n Veilige en bevorderlike omgewing is nodig vir die landbousektor om in die Vrystaat en Suid-Afrika te floreer,” sê Francois Wilken, President van Vrystaat Landbou (VL).
Tot op hede het die regering nie daarin geslaag om hierdie bevorderlike omgewing te voorsien nie, en het eerder gekies om uiteenlopende en verdelende politieke ideologieë te volg.
Sonder toestande wat bevorderlik is vir produktiewe kommersiële landbou in die Vrystaat, kan meer as 10 000 werksgeleenthede verlore gaan, voedselsekerheid in die gedrang kom en landelike dorpe en hul infrastruktuur sal verder verval, wat landelike inwoners in 'n voortgesette afwaartse spiraal van armoede vasvang.
'n Bemagtigende begroting wat ooreenstem met die aksieplanne wat by die SONA aangebied word, sal geloofwaardigheid aan die voorgestelde planne dra. Sal die minister van finansies die geld sit waar die president se mond is? Dws deur ter tafel te lê:
Hierdie en ander sake is ingesluit in 'n brief aan die minister wat kommentaar lewer op sy ekonomiese beleid en as wenke vir die begroting. 'n Afskrif van hierdie brief kan gevind word op ons webwerf by https://bit.ly/3sx554L
VL hoop van harte die minister word gelei deur gesonde ekonomiese redenasies en nie politieke ideologieë nie. Of nog erger, dat die begroting gerig is na waar die ANC die maklikste hul laaste plundertog van die staatskas kan hê voordat ons as 'n nasie van die fiskale krans afval om die bodem te tref!
As 'n nasie is ons almal deur COVID geraak en almal moet ons gordels styftrek en klaarmaak, besnoei op meer hoogs belasde luukshede en aftrek om die ekonomie weer aan die gang te kry en werk en waardigheid te skep.
“Landbou het beslis sy waarde vir die nasionale ekonomie bewys deur sy veerkragtigheid ten spyte van die stryd teen die natuurlike elemente en hoop om as sodanig in die komende begroting erken te word en verder in staat gestel te word om ekonomie ’n hupstoot te gee in plaas daarvan om drooggemelk te word deur besnoeiende belasting!” sê Wilken.
Belastingkortings vir gemeenskappe wat gedwing word om openbare infrastruktuur reg te maak of uitgawes aan te gaan wat verband hou met die verbetering van plaasveiligheid sal baie welkom wees.
8Plasings
4Plasings
11Plasings
9Plasings
68Plasings
31Plasings
16Plasings
18Plasings
11Plasings
1Plasings
171Plasings
13Plasings
12Plasings