Nuus

Lidmaatskap

Vrystaat Landbou (VL) is elke lid wat kies om betrokke te raak in sy of haar plaaslike landbougemeenskap deur by ʼn aktiewe landbouvereniging aan te sluit.

Rampfonds

Help ons boere terug op hul voete

Jongboer-finaliste positief oor landbou in SA

deel hierdie plasing

’n Graan-, vark- en skaapboer ding vanjaar mee om die titel van Vrystaat Landbou se Jongboer van die Jaar.

Le Roux Erasmus (29 jaar) van Hoopstad, Hennie Venter (29 jaar) van Theunissen en Jaco Burger (34 jaar) van Wepener is die finaliste in die kompetisie wat reeds vir die 26ste keer deur Vrystaat Landbou aangebied word.

Die finaliste is reeds op 21 en 22 Februarie deur VL se beoordelaarspaneel, onder leiding van die sameroeper en hoof van die departement van landbou by SUT, prof. Pieter Fourie, hul plase besoek om die wenner te bepaal. “Dit is wonderlik om te ervaar hoe positief die deelnemers is oor die toekoms van landbou in Suid-Afrika! Dit skep hoop.” sê Fourie.

Volgens prof Fourie sluit die afdelings waaroor deelnemers beoordeel word toekomsvisie, begroting en finansies, produksie, bemarking, instandhouding, personeelbestuur en gemeenskapsbetrokkenheid in. “Dit is regtig nie die grootte van die plaas wat ’n wenner bepaal nie, maar die presisie, balans en bestuursprestasie van die jong boer.”

Die wenner word op 7 April tydens 'n galadinee in Bloemfontein aangekondig.

Die wenner stap weg met 'n VL-kontantprys, asook ander opwindende pryse van verskeie borge, en sal later vanjaar outomaties aan die Toyota Agri SA nasionale Jongboer van die Jaar-kompetisie deelneem.

Douglas Osler van Fouriesburg is verlede jaar as die wenner aangewys.