
Vrystaat Landbou se 2023 Jongboer van die Jaar is 'n optimistiese jong boer wat daarin glo om die positiewe in elke situasie te soek. Lukas Lessing (26) van Marquard is op 18 April 2023 tydens 'n spoggeleentheid in Bloemfontein as die 27ste wenner van die kompetisie aangekondig.
Lessing boer al 'n dekade en wil niks anders doen nie. Hy meen die feit dat sy pa hom van kleins af by belangrike besluite oor boerdery betrek het, lewer nou positiewe resultate.
Hy is tans die hoofbestuurder van die familieplaas en bedryf hoofsaaklik saaiboerdery (mielies, soja en sonneblom) en 'n kleiner veevertakking.
Die pa van twee skroom ook nie om self in te gryp waar nodig nie en het dus al telkemale self plaaspaaie geskraap sodat die boerderybedrywighede kan voortgaan.
Die emosionele en finansiële welstand van hul werkers is vir Lessing belangrik en daarom word die werkers aangemoedig om by te dra tot die boerdery wat hulle ook bevoordeel.
Prof Pieter Fourie, sameroeper van die beoordelaarspaneel en Hoof van die Departement Landbou aan die Sentrale Universiteit vir Tegnologie (SUT), meen die drie kandidate was uitstekend en het die beoordelaars laat kopkrap. “Dit is werklik drie uitstekende jong boere. Benewens die feit dat hul afsonderlike plase professioneel hanteer word, is hulle ook elkeen ’n aanwins vir hul onderskeie gemeenskappe.”
Die ander jong boere teen wie Lessing meegeding het, was Hennie Geldenhuys van Excelsior en Hansie Müller van Viljoenskroon.
'n Vinnige profiel van Lukas Lessing – https://youtu.be/2sM8HfjzxB8
8Plasings
4Plasings
11Plasings
9Plasings
68Plasings
31Plasings
16Plasings
18Plasings
4Plasings
160Plasings
10Plasings
5Plasings
Ⓒ 2025 Vrystaat Landbou Alle regte voorbehou | Webwerf deur Splinternuut