Nuus

Lidmaatskap

Vrystaat Landbou (VL) is elke lid wat kies om betrokke te raak in sy of haar plaaslike landbougemeenskap deur by ʼn aktiewe landbouvereniging aan te sluit.

Rampfonds

Help ons boere terug op hul voete

Wetsontwerp op Onteiening – Grond sal nie mense voed nie

Green tractor working on field.
Green tractor working on field.

deel hierdie plasing

Suid-Afrikaners is “honger” vir werk, behuising, doeltreffende polisiëring, paaie sonder slaggate, bekostigbare brandstof en beskikbare elektrisiteit!

Dit is die reaksie van Friedl von Maltitz, visepresident van Vrystaat Landbou (VL), op president Cyril Ramaphosa se stelling dat die “Onteieningswet nodig is om die ‘honger na grond’ te bevredig”.

President Ramaphosa is uit voeling met die werklike uitdagings van sy landgenote. “Hy moet eerder bekommerd wees oor die korrupsieversadigingspunt wat die publiek bereik het. Korrupsie in die staat is ’n veel groter bedreiging vir maatskaplike stabiliteit aangesien dit (saam met swak beleid) elke burger verarm.”

“25 jaar nadat die Zimbabwiese staat boere onteien het, staar die mense elke dag honger in die gesig. Grond voed nie mense nie, die kos wat boere produseer.”

Die regering se werklike agenda, wat daarop gemik is om ’n algemene onteieningsbevoegdheid deur die Onteieningswet te verkry, moet eerder bevraagteken word.

In die prosesse wat aan die gang is, is daar 'n gevaarlike poging om burgers teen mekaar te probeer opsweep en die uitsprake blyk te insinueer dat boere en die landbougemeenskap die oorsaak van arm mense se ekonomiese omstandighede is. Die gevaar bestaan dat sulke uitsprake 'n (reeds sagte) teiken van boere en hul werkers maak.

“Tydens sy staatsrede, het die president genoem dat die regering stappe sal doen om die verskaffing van titelaktes vir gesubsidieerde huise te bespoedig. Dit is ’n positiewe, werkbare voorstel wat ’n daadwerklike verskil aan miljoene huishoudings sal maak en eerder die president se fokus moet wees.”