Nuus

Lidmaatskap

Vrystaat Landbou (VL) is elke lid wat kies om betrokke te raak in sy of haar plaaslike landbougemeenskap deur by ʼn aktiewe landbouvereniging aan te sluit.

Rampfonds

Help ons boere terug op hul voete

300 plaasaanvalle en -moorde in die Vrystaat sedert 2016

deel hierdie plasing

Vrystaat Landbou (VL) het bevestig dat daar gedurende 1 April 2016 tot 31 Maart 2021 reeds 298 plaasaanvalle, insluitend 37 moorde, op landbougrond in die Vrystaat plaasgevind het. Landbougemeenskappe is onder beleg deur hierdie tipe ernstige geweldsmisdade.

Dr Jane Buys, Veiligheidsrisiko-ontleder by VL, noem in haar verslag dat 143 kommersiële en opkomende boere in hierdie tydperk aangeval is waarin 16 vermoor is. Die verslag toon ook dat 126 werkers, insluitend voormanne, werkers en/of veiligheidswagte, aangeval is, van wie 14 dood is. Daar was ook 24 mense wat op plase en of kleinhoewes aangeval is, waarvan 6 vermoor is. In sewe voorvalle is beide produsente en/of werkers aangeval en in een voorval is beide 'n produsent en 'n werker vermoor.

“Vrystaat Landbou het vasgestel dat byna 300 plase in die vyfjaartydperk deur 'n aanval of moord geteiken is, wat byna 4% van die Vrystaat se boerdery-entiteite verteenwoordig (7 951 volgens Stats SA se landbou-opname in 2018). sê Buys. “Daar kan dus ook genoem word dat 71 van die 88 dorpe in die Vrystaat se landbougemeenskappe die afgelope 5 jaar deur ’n plaasaanval geraak is.”

Wanneer die statistieke van die 2020-2021-boekjaar met dié van 2019-2020 vergelyk word, is dit duidelik dat daar 'n toename van 5 moorde (41.67%) en 'n toename van 14 plaasaanvalle (22.95%) was. Die aantal plaasaanvalle en -moorde is die hoogste in 'n tydperk van 5 jaar in die Vrystaat. “Wat kommerwekkend is, is dat die toename plaasgevind het tydens die staat van aanhouding tydens die Covid-19-pandemie waar meer sigbaarheid van die polisie en wetstoepassing in plek was.” berig Buys.

Buys wys ook daarop dat in 21 van die 73 plaasaanvalle/moorde gedurende 2020-2021, tussen twee en vyf slagoffers aangeval/gedood is wat vroue, familielede en/of kinders ingesluit het (34.43%). In die tydperk van vyf jaar is agtien (18) slagoffers ouer as 80 jaar, terwyl 19 slagoffers onder die ouderdom van 19 was en dus as kinders beskou word. In 52.46% van plaasaanvalle is slagoffers geskiet of ernstige nek- en kopbeserings opgedoen deur gemiddeld drie aanvallers wat per voorval opereer. Dit dui op die geweldige trauma wat gesinne en hul gemeenskappe ervaar.

Jakkals le Roux, voorsitter van Vrystaat Landbou se Landelike Veiligheidskomitee, wys daarop dat 70 van die plaasaanvalle en -moorde plaasgevind het in 12 (23.35%) landbougemeenskappe geleë op die RSA / Lesotho-grens. “Die situasie op die grens bly kommerwekkend en is ’n groot faktor in onveilige landbougemeenskappe.” Le Roux voeg by dat VL sal voortgaan om 'n bydraende rol te speel in bewusmaking en die bemagtiging van landbougemeenskappe om veiliger gemeenskappe te skep.