
Die Vrystaatse LUR vir Polisie, Paaie en Vervoer, mnr Sam Mashinini, sal op 28 April met verskeie rolspelers van Lesotho en Suid-Afrika vergader om die onwettige instroming van Lesotho-burgers na die Klaarwater-gebied op spesifieke roetes en plase vanaf Lesotho te bespreek. Rolspelers insluitend die SANW, SAPD, plaaslike boerderygemeenskappe en eweknieë van Lesotho sal tydens die oorgrensvergadering in Zastron ontmoet.
“Die onwettige instroming het die afgelope dekade byna daagliks aan die gang en het glad nie afgeneem gedurende die inperkingstydperk nie.” sê Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou (VL).
Verskeie skriftelike versoeke is aan wetstoepassers, die kantoor van die LUR, die SANW, die SAPD en verskeie forums gerig om die probleem aktief aan te spreek, maar nie die gewenste resultate te lewer nie. “Die onwettige betreding van Lesotho-burgers hou beslis verband met toenemende misdaadaktiwiteite in die gebied wat die veiligheid van boerderygemeenskappe en dorpe aangrensend aan die RSA/Lesotho-grens ernstig belemmer,” het Wilken bygevoeg.
Benewens Wilken sal ’n afvaardiging van VL se Landelike Veiligheidskomitee asook vooraanstaande boere in die Zastron-omgewing die vergadering bywoon om hul ontevredenheid met die stand van sake uit te spreek en om skriftelike versoeke vir dringende staatsingryping te rig.
Vrystaat Landbou spreek die hoop uit dat 'n permanente oplossing gevind sal word om hierdie en soortgelyke probleme op die grens aan te spreek.
8Plasings
4Plasings
11Plasings
9Plasings
68Plasings
31Plasings
16Plasings
18Plasings
11Plasings
169Plasings
12Plasings
12Plasings