Nuus

Lidmaatskap

Vrystaat Landbou (VL) is elke lid wat kies om betrokke te raak in sy of haar plaaslike landbougemeenskap deur by ʼn aktiewe landbouvereniging aan te sluit.

Rampfonds

Help ons boere terug op hul voete

Boerderygemeenskappe moet oplettend wees gedurende feestyd

deel hierdie plasing

Die feesseisoen is op hande en Vrystaat Landbou (VL) moedig boerderygemeenskappe aan om ekstra paraat en oplettend gedurende hierdie tydperk te wees.

Dr Jane Buys, Veiligheidsrisiko-analis van VL, sê dat veral eiendomsverwante misdade soos inbrake gereeld in die feestyd voorkom. ”Items en produkte wat in winkel geberg word soos saad, kunsmis, gif, batterye van trekkers, diesel, ens. woord veral gesteel.” 

Buys noem dat die organisasie in April 'n beraming gedoen het van die dieseldiefstal dmv 'n vraelys wat aan veiligheidsverteenwoordigers gestuur is. Die beraming het getoon dat boere in die Vrystaat jaarliks tussen R30 tot R70 miljoen se skade ly weens dieseldiefstal. “Die diefstal kan plaasvind uit trekkers, stropers, implemente, trokke, voertuie, ens. wat op landerye staan veral in die plant- en stroop seisoen, en kan ook vanaf boere se opstalle gesteel word waar hul diesel stoor.”

Ander diefstal vanaf plase wat volgens Buys ook jaarliks voorkom, is diefstal van sinkplate. Store en onbewoonde werkershuise se dakke word dikwels gesteel. Dié tipe misdaad vind in nagtelike ure plaas waar kriminele inkom om dakskroewe te maak en die volgende aan en die sinkplate te maak en te staal.

Nog 'n eiendomsverwante misdaad wat ook voorkom, is die diefstal van sonpanele en -pompe vanaf plase. Diefstal van koperkabels van spelpunte kom ook gereeld voor, veral by besproeiboere.

Hoe kan boere hul voorbereiding om moontlike gevalle op plase te voorkom?

Waar moontlik, word boerderygemeenskappe aangemoedig om betrokke te wees en te raak deur wit/bloulig patrollies in samewerking met die polisie in hul areas. Ekstra veiligheidsmaatreëls moet ingestel word ten einde hul eiendom en ook hul produkte, implemente en vee, tiener diefstal te beskerm. “Dit is nie altyd haalbaar om kostes te gaan om sekuriteitsbeamptes aan te stel en kameras/alarms van ekstra tegnologiese hulpmiddels in te span nie, maar waar dit moontlik is, moet daar gepoog word om verliese teen tieners diefstal/misdaad te beperk.” sê Koop. “Boere moet ook enige verdagte beweging in terme van persone en van voertuie aan die polisie se Lande Veiligheidskoördineerder asook aan die veiligheidsverteenwoordiger van die boerevereniging in hul area oordra, veral waar beweging in nagtelike ure waargeneem word. Verder moet boere ook seker maak dat hul radiokommunikasiestelsels in plek is, veral waar 'n impak ook kan hê op die moontlike pleging van misdade in hul areas.”