
“Vergoed gemeenskappe vir openbare dienste wat ons self moet voorsien”. Dit is die boodskap wat Vrystaat Landbou (VL) aan die Minister van Finansies, mnr Enoch Godongwana, wil oordra voor die begrotingsrede wat op 22 Februarie 2023 plaasvind.
Volgens mnr Gernie Botha, hoof uitvoerende beampte van VL, word burgers toenemend belas, maar die staatsdiens kom nie meer sy diensleweringsverantwoordelikhede na nie.
“Gevolglik word individue en gemeenskappe byna daagliks gedwing om hul eie paaie, water en sanitasie en ander dienste te bestuur om te kan oorleef. “Vrystaatse boere het byvoorbeeld reeds in 2022 talle lewensgevaarlike paaie self herstel en honderde slaggate gevul. Uit hul eie sakke.”
Volgens Botha maak dit dus net logies sin dat die regering gemeenskappe, en veral boere wat gewoonlik inspring, met opsies akkommodeer om hierdie uitgawes van belasting te kan verhaal.
Vrystaat Landbou het vroegtydig begrotingsvoorstelle by die ministerie ingedien. Kernvoorstelle sluit in:
Volgens Botha sal belastingaftrekkings vir “doen-dit-self” diensleweringsaksies daartoe bydra om die verval op die platteland te stop en heeltemal om te keer. Dit sal 'n positiewe alternatief vir alle gemeenskappe wees vir onder meer diensleweringsbetogings en druk op die verswakte staatsdiens verlig.
“Met vanjaar se begroting het minister Godongwana dus 'n geleentheid om die landelike gemeenskappe te bemagtig om die agteruitgang van die platteland self te keer”, het Botha gesê.
8Plasings
4Plasings
11Plasings
9Plasings
68Plasings
31Plasings
16Plasings
18Plasings
11Plasings
169Plasings
12Plasings
12Plasings